PRYS
6 nagte –Le Meridien – 4 ster – R24 980pp met belasting – alles ingesluit
Datum: 23 Februarie 2017 tot 1 Maart 2017
INGESLUIT
- Retoervlugte op Air Mauritius
- Lughawebelasting
- Vervoer tussen die lughawe en hotel (retoer)
- Spabehandeling vir twee
- Braai op die strand
- Spesiale BEVESTIG WEER JULLE LIEFDE op die strand – erediens deur Willie en Natasha
- Spesiale damesoggend saam met Natasha
- Spesiale oggend vir die mans saam met Willie
- Afskeidsete saam met Willie en Natasha
- 6 nagte, alles ingesluit
UITGESLUIT
Administrasiefooi, items van ‘n persoonlike aard, visas, paspoorte, inentings, enige items wat nie hierbo genoem is nie, fooitjies aan kelners en personeel, hotelbelasting en etes wat nie genoem is nie. Opsionele dagtoere, ekskursies, ingang by besienswaardighede en vervoer wat nie vooraf bespreek is nie.
REISDATUMS
23 Februarie 2017 tot 1 Maart 2017
AANBOD EINDIG
- Aanbiedinge kan enige tyd teruggetrek word deur die lugredery asook hotel.
- Onderhewig aan beskikbaarheid van vlugte, verblyf en ander faktore gedurende die besprekingstydperk.
- Tariewe is onderhewig aan fluktuasie in die wisselkoers en is slegs gewaarborg sodra volle betaling ontvang word.
HERBEVESTIG JULLE LIEFDE OP DIE ‘LIEFDESEILAND’ MAURITIUS
Die liefde moet gevier, gekoester en gedurig aangewakker word. Neem julle liefde hierdie jaar op hoër vlerke saam met Willie en Natasha Joubert op ons Liefdeswegbreek.
Mauritius is ʼn romantiese paradys wat jou verwelkom met die geur van Vanilla, tropiese blomme en die verfrissende bries van die Indiese Oceaan. Dit is op hierdie ikoniese eiland waar die romanse welig blom, met lang somersnagte onder die tropiese maan, helderblou water en ʼn skemerkelkie in die hand. Jy kan sommer voel hoe ontspanning en die vakansieromanse jou meevoer.
Hier aan die kus van ons mooie Afrika wag idilliese strande. Die kultuur is fassinerend, die mense vriendelik en die akkommodasie uit die boonste rakke. Maar Mauritius is nie net ʼn vakansieparadys nie, dit is ʼn intieme belewenis propvol geskiedenis – vasgevang in woude, dorpe, markte en die ikoniese vulkaan waaruit die eiland bestaan. Die vulkaan is ook verantwoordelik vir die kilometers en kilometers koraalriwwe wat die eiland omsingel.
Mauritius is perfek vir winter- en somervakansies. Dit is luuks, beeldskoon en romanties. Met wêreldklas verblyf en genoeg om julle vir dae besig te hou, is Mauritius die ideale wittebroodsbestemming.
ANDER MOONTLIKE AKTIWITEITE
Lê besoek af by Mauritius se besienswaardighede of stap deur die woude na watervalle, rotspoele of geniet ‘n 360 grade uitsig oor die eiland. Ander aktiwiteite sluit in:
Indian Tamil Temple
The Central Market
Natural History Museum
Caudan Waterfront
Crocodile Park
Black River Gorges
Cryptomeria Forest
Machabie Forest
The Seven Coloured Earths
TERME EN VOORWAARDES
- Standaard Sky Arch Travel and Tours terme en voorwaardes geld.
- Sky Arch Travel and Tours se terme, voorwaardes, reisinformasie en pryse kry voorkeur bo die terme, voorwaardes, reisinformasie en pryse wat op hierdie webblad geplaas word.
- ‘n R5000 nie-terugbetaalbare deposito word vereis om bespreking te bevestig.
- Troukoors en Prosper U is slegs platforms waarop Sky Arch Travel and Tours se reispakette geadverteer word.
- Troukoors-toere verwys na romantiese toere wat paartjies bespreek, hetsy vir hulle wittebrood, tweede wittebrood of ‘n romantiese vakansie, wat deur Troukoors geadverteer word. Troukoors-toere verwys nie na ‘n diens wat deur Troukoors verskaf word nie en is nie ‘n afdeling van Troukoors nie.
- Troukoors vorm nie direk of indirek deel van Sky Arch Travel and Tours nie.
- Troukoors en Prosper U kan nie direk of indirek aanspreeklik gehou word vir enige (ingesluit, maar nie beperk tot) reisinformasie, pryse, produkte, dienste, dispute of eise wat mag spruit uit ‘n bespreking wat by Sky Arch Travel and Tours gemaak word, na aanleiding van ‘n advertensie deur Troukoors of Prosper U nie.
- Troukoors en Prosper U sal in geen korrespondensie in verband met toere betrokke raak nie.
- Sky Arch Travel is verantwoordelik vir alle korrespondensie, besprekings, reisinligting, dispute, eise en skakeling met paartjies wat toere wil bespreek, of bespreek het.
Kontak Sky Arch Travel and Tours direk deur ‘n e-pos te stuur aan harriet@skyarchtravel.com