Samantha Leonard het reeds harte op The Voice SA gewen. Nou is haar eerste album hier en dit kan op jou rak pronk as jy inskryf vir ons kompetisie.

Almal van ons het al Samantha Leonard se liedjie, ’n Duisend Keuses, oor die radio gehoor en dit is baie treffend.

Samantha het ’n Duisend Keuses self geskryf en verklap dat dit gaan oor haar loopbaanreis sover. Haar uitsonderlike sterk stem is die perfekte pasmaat vir die eerlike lirieke en meesleurende wysie van die liedjie, wat in jou kop bly maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

Die liedjie is deel van haar nuutste album, met dieselfde naam, wat tans beskikbaar is.

Samantha Leonard se album bied ’n treffende kombinasie van lekkerluister dansmusiek en diep hartsballades, in die kunstenaar se veelsydige styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Buiten vir die titelsnit, wat net een van ’n hele paar liedjies is wat sy self geskryf het, bestaan die res van die CD hoofsaaklik uit ’n versameling musiek wat deur Vaughan Gardiner en Hugo Ludik geskep is, asook ’n paar snitte waaraan sy saam met hulle gewerk het en nog vele meer.

“Wat hierdie album anders maak, is die feit dat ek uniek voel en dat niemand daar buite soos ek is of klink nie. Die hele proses van die maak van die album was vir my ’n uitdaging, want ek het die geleentheid gekry om my heel eerste solo-album – van begin tot einde – self te bou deur my eie oë. Op die einde van die dag ken niemand jou beter as jyself nie, want net jy weet wat in jou hart aangaan en deur watter oë jy die wêreld aanpak,” vertel sy.

Omdat Samantha Leonard se musiek soveel lekker ritmes het en die mooiste woorde, is julle perfekte trouliedjie dalk ook net op die album weggesteek… jy weet nooit!

OM IN TE SKRYF OM SAMANTHA LEONARD SE CD TE WEN:
*Like en deel die inskrywing op Facebook;
*Like Samantha Leonard en Starburst Promosies se blaaie;
*Vertel in die kommentaarblokkie hoekom jy dit moet wen; en
*Stuur skermgrepe van die stappe na annelien@bpwpprebuild.co.za

Die wenner word op 15 Maart 2019 aangekondig via e-pos. Indien jy dus nie van ons hoor nie, het jy nie gewen nie.

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA