Wen twee van die instrumentale duo, DECA, se splinternuwe CD’s as jy vandag vir ons kompetisie inskryf.
Die talentvolle musiekgroep, DECA, het pas twee nuwe albums vrygestel wat die perfekte keuse is vir agtergrondmusiek op julle spesiale dag. Skryf in vir vandag se kompetisie en jy kan ’n geskenkpak met albei CD’s wen!
DECA het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie instrumentale musiekgroep het die afgelope jaar duisende musiekharte kom verower en is reg vir die volgende opwindende hoofstuk van hulle loopbaan.
Die vars, moderne en passievolle manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter dié snaarpaar se kitssukses en hul splinternuwe album, II, wat pas vrygestel is, bou voort op hierdie tendens. “Die nuwe album het ’n prettige, elektroniese aanslag. Ons doel is om ’n glimlag op mense se gesigte te plaas en as ons musiek ’n bietjie ritme tot hulle daaglikse bestaan kan voeg, is ons gelukkig,” vertel hulle. “Feitlik die hele repertoire is daarop gemik om luisteraars aan die dans te kry. Dis egter nie spesifiek ’n dansalbum nie, maar die gevoel is baie kontemporêr, modern en eufories.”
II bestaan uit 13 lekkerluistertreffers in tipiese DECA-styl, wat unieke verwerkings van verskeie bestaande gunstelinge, soos Shape of You, Despacito en Kiss insluit. Daar is ook drie oorspronklike snitte, Irish Festival, St Paddy’s Jig en Oorwin wat die publiek beslis sal beïndruk. Laasgenoemde is saam met Len Muller opgeneem en is ook die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe CD. “Oorwin is deur Douw Steyn en William de Bruin, wat medevervaardiger van die album is, geskryf. William het in 2017 deur erge depressie gegaan en die liedjie is geïnspireer deur die feit dat daar lig is aan die einde van die tonnel. Ons hoop dat enigiemand, wat deur ’n moeilike tyd gaan, daarby sal aanklank vind,” sê die musikante. “As instrumentale groep, is dit dikwels vir ons ’n uitdaging om radiospeellyste te haal. Daarom besluit om saam met Len aan die liedjie te werk.”
’n Ander opwindende projek wat ook pas die lig gesien het, is hulle album, Themes & Love Songs, wat by konserte en op iTunes beskikbaar is. Hierdie vrystelling is opgedra aan DECA se lojale aanhangers en is ’n samestelling van al die gehoorgunstelinge wat oor die jare versoek is. Die CD bevat instrumentale verwerkings van gewilde liefdesliedjies, soos From This Moment en Toe Vind Ek Jou, asook musiek vanaf televisie- en rolprentklankbane soos Game Of Thrones. Dit is dus die perfekte agtergrondmusiekoplossing vir troues en korporatiewe funksies.
Die duo, wat in 2014 ontmoet het, bestaan uit ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as sewe-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Douw is ook een van die mede-eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is saam met William de Bruin. DECA is gebore uit hulle gereelde saamspeelsessies en unieke folk-aanslag, wat baie goed deur gehore ontvang is. Die groep het ook reeds die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskeie funksies, bekendstellings en feeste, wat Aardklop insluit, opgetree.
Volg hulle gerus op sosialemedia vir meer inligting oor hoe jy hulle kan bespreek vir jou troue!
As jy egter nie ’n lewendige optrede kan bekostig nie, kan jy steeds hulle musiek deel maak van jou groot dag deur die albums op iTunes of by die musiekwinkel te koop… of deur in te skryf vir ons kompetisie om die CD’s te wen!
WEN WEN WEN!
Twee gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak met albei DECA se nuwe albums wen.
Om in te skryf:
*LIKE en DEEL die inskrywing op Facebook;
*LIKE Deca se Facebook-blad;
*LIKE Starburst Promotions op Facebook; en
*Tik #DecaKomp in die kommentaarblokkie.
- Die wenner sal op 1 Maart 2018 aangekondig word.