ʼn Vlekkelose vel is seker een van elke toekomstige bruid se begeertes vir haar groot dag omdat dit so groot invloed op jou algehele voorkoms het. Tog, soos ons almal weet is dit makliker gesê as gedaan.

An-Sophie Jonker het by Dr. Juanita Kilian, die stigter van DrK Dermal Healthcare, wie se passie velgesondheid is, gaan aanklop en sy vertel ons meer oor die gesondhed van ons vel en gee raad oor hoe om jou vel vlekloos te kry vir jou groot dag.

WATTER FAKTORE BEЇNVLOED DIE GESONDHEID VAN JOU VEL DIE MEESTE?
“Daar is twee groepe faktore wat vel se gesondheid nadelig kan beïnvloed, eksterne faktore en interne faktore. Eksterne faktore sluit in: Omgewingsfaktore soos UV, rooi- en bloulig, lugbesoedeling en temperatuur, asook leefstyl faktore soos dieet, min slaap, te veel suiker en baie stres. Interne faktore sluit in ons kronologiese verouderingsproses wat beïnvloed word deur ons genetika. Ons algehele liggaamsgesondheid speel ook ʼn rol asook die gesondheid van ander organe in ons liggaam.”

WATTER RAAD HET JY VIR MENSE MET PROBLEEMVELLE?
“Dit is van uiterste belang om eerder die oorsaak te behandel as slegs die simptome. Daar is baie min velprobleme wat slegs met ʼn topikale roompie behandel kan word. Ek beveel altyd aan dat ʼn holistiese behandelingsvoorskrif toegepas moet word. Dit sluit in ʼn topikale velsorgroetine, maar daar moet ook gekyk word na die persoon se leefstyl, omgewing en genetika en die behandeling moet ook negatiewe eksterne faktore aanspreek.”

WATTER VAN JULLE SKOONHEIDSPRODUKTE SAL JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE VOORSTEL EN WATTER VOORDELE HOU DIT VIR HULLE IN?

  • Ons DrK Advanced Exfo Cleanser is ʼn wonderlike produk waarsonder jy nie weer sal klaarkom nie. Die produk bevat Granaatekstrak wat dooie selletjies verwyder en die groei van nuwe selle stimuleer. Die reiniger kan ook dien as ʼn afskilferaar as dit een dag per week vir 15 minute aan die vel gelos word voor dit afgespoel word.
  • DrK Repair and Hydrate Hydrating Complex is ʼn moet vir elke vel. Ons neem nie almal genoeg water in sodat ons genoegsame vlakke van water in ons vel het nie. Daarom het ons ʼn topikale produk nodig wat water in ons vel kan aflewer. Hoe meer gehidreer die vel is hoe beter sal die vel aktiewe bestanddele van ʼn serumproduk opneem en hoe gesonder sal die vel membraan wees. In hierdie produk gebruik ons ge-enkapsileerde water wat tot binne in die selle beweeg en water in die selle aflewer vir optimale vel hidrasie. Die produk bevat ook gehidroliseerde Hyaluroniese suur wat die vel se immuunstelsel verhoog en die vel membraan optimaal herstel. ʼn Gehidreerde vel lyk altyd mooi en wanneer ʼn bruid se vel gehidreer is sal haar grimering baie makliker aanwend en ook meer glansryk lyk.
  • DrK Repair & Prevent serum, uitstekend vir bruide. Of jy nou die gestresde bruidjie is of nie, om ʼn troue te beplan bly net soveel ʼn uitdaging as wat dit ʼn plesier is (vra my ek het ook in 2019 ʼn troue beplan). Sodra ons stres (bewustelik of onbewustelik) begin ons stres hormoon, kortisol, verhoog en hierdie hormoon begin dan inflammasie in ons velle veroorsaak wat lei tot die afbreek van kollageen, aknee, pigmentasie, ʼn dowwe vel voorkoms en soms ook ʼn sensitiewe vel. Met hierdie serum voorkom ons oormatige produksie van kortisool in die vel, ongeag of jy die beplanning van jou troue stresvol ondervind of nie, jy kan seker wees dat jou streshormoon nie ʼn negatiewe effek op die voorkoms van jou vel op jou spesiale dag sal hê nie.

Eweskielik klink ʼn vlekkelose vel nie meer na een van jou grootste uitdagings vir jou groot dag nie. Met hierdie kennis, Dr. Juanita Kilian se raad en DrK Dermal Healthcare se drie wonderlike velsorgprodukte kan jy seker wees dat jou vel merkloos en gesond sal straal op jou troudag.

WEN, WEN, WEN!
Vyf gelukkige lesers kan elkeen een ’n velsorggeskenkpak van Dr. K Dermal Health wen. Wenners sal oor vyf weke aangekondig word.

OM IN TE SKRYF:
*Like en deel die inskrywing op sosiale media;
*Like Dr K Dermal Health se blad op Facebook;
en *Tag vyf vriendinne in die kommentaarblokkie onder die post op Facebook.

Foto verskaf.

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA