Wanneer ’n gestileerde sessie en ’n musiekvideo op een dag plaasvind, skep dit die geleentheid vir oulike variasie… soos hierdie verlowingsfotosessie om paartjies te inspireer.

Toe Troukoors toestemming gee dat een van die amptelike gestileerde fotosessies vir die nuwe uitgawe gekombineer kan word met die akoestiese duo, Victor Bravo, se musiekvideo, was daar groot opgewondenheid.

Sonja Oosthuizen van Sophia’s het onmiddellik diensverskaffers aan boord gekry en begin beplan aan die fotosessie (waarvan die foto’s te sien is in Troukoors se splinternuwe uitgawe wat pas op die rak is) en die verskillende tonele in die video.

Die uiteinde van dié beplanning was nie net ’n musiekvideo wat tans op kykNET NOU! te sien is nie, maar ook hierdie pragtige verlowingsfotosessie wat in dele van die video te sien is.

Kyk die video hier!

Omdat die hoofkarakter ’n musikant is, was dit net gepas dat hy vir sy geliefde sing tydens ’n romantiese piekniek op die oewers van die rivier by Duck Point Venue in Sasolburg.

Baie moeite is gedoen om pragtige blomme, ’n pragtige verlowingskoek en die oulikste geversierde kleinkoekies deur Louvelias by hierdie toneel in te werk.

Natuurlik is geen verlowing (nie eers die fiktiewe tipe) moontlik sonder ’n ring nie en dié en deur Marion Rehwinkel Jewellery het almal se asems weggeslaan op die dag.

Fiona Viljoen het baie moeite gedoen om die modelle op die dag, wat ook ’n paartjie in die regte lewe is, op hulle gemak te stel en hulle het baie pret gehad om elke sessie perfek af te rond.

DIENSVERSKAFFERS
Plek: Duck Point Venue
Beplanning, konsep en stilering: Sophia’s en Duck Point Venue
Blomme: Sophia’s
Skryfbehoeftes: Jean-Marie Steenberg Graphic Design
Dekor, linne en meubels: A & E Wedding and Function Décor en Catharina Carolina
Kerse: Milan’s Handmade Candles
Ringhouer en fotorame: The Peachy Peony
Spyseniering: Chef Bosch
Koekies: Louvelia’s

Troukoeke: Sweetly Cakes, Marike’s Cakes en Turquoise Squirrel Patisserie
Verlowingsfotograaf: Fiona Photography
Troufotograaf: RDK Photography
Agter-die-skerms-fotograaf: Rolene Photography
Trourok: Jolache Couture
Bruidegom se uitrusting: SmartGuy & SmartBride
Skoene: OPARI
Juwele: Marion Rehwinkel Jewellery
Hare en grimering: Heck Yes Make-up Artistry
Waterverfskildery: Vos & Ink
Modelle: Rhoda Hartzer en Jopie Pienaar

MUSIEKVIDEO:
Kroeg: Die Windpomp Kroeg, met spesiale dank aan Janes Blomerus
Video: Dehan Janse van Rensburg
Hospitaal: Emfuleni Mediclinic
Kroegman: Riaan de Beer
Dominee: Shaun Bosch
Ekstras by die kroeg: Tommy en Mirinda Grace, John en Myra Rouncivell, Quintin en Liza de Jager, Riaan de Beer, Jackie Breedt, Annika van der Broek en Markus Madeleyn

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA