chloe11
Gavin en Chloe was vir jare kollegas voordat hulle toevallig langs mekaar beland het op pad na ’n werksfunksie… vandag deel hulle ’n lewe as man en vrou.

Chloe2

WAAR HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
Ons het vir vier jaar saam gewerk toe ons per toeval saam, langs mekaar, in ’n kar beland het op pad na ’n werksfunksie. Ons het toe die hele aand lank gesels en gelag. Hy het my toe genooi om saam met hom te gaan eet en daarna gevat om Dirty Dancing te gaan kyk. Teen daardie tyd het ek reeds besef dat hy ’n baie spesiale man is. Hy is snaaks en is altyd die gees van die partytjie, maar hy het ook ’n mooi hart… en die beste van alles is dat hy lekker kan kook!

HOE HET JY GEWEET HY IS PERFEK VIR JOU?
Hy kan my laat lag, al is ek hoe gestres of knorrig.

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA?
Ons het in Central Park gaan stap in New York… en daar in die sneeu het hy my gevra om te trou.

HOE LANK WAS JULLE VERLOOF?
Twee jaar. Ons het ons troue van oorsee af beplan en twee keer Suid-Afrika toe gekom om die reëlings te finaliseer.

Chloe33

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN JULLE MOOISTE DAG?
Ek het begin deur rokke aan te pas, soos meeste ander bruide. Daarna het die navorsing begin. Ek het baie tyd op die internet spandeer en voorbeelde van ander troues, waarvan ek gehou het, versamel. Ek het ook tieklysies gebruik van die internet af. Ek het ook die wedding planning complete app gebruik. Dit is baie oulik.

HET JY ENIGE RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
Doen wat jy wil doen en waarvan jy hou, en moenie probeer om ander tevrede te stel nie, want jy doen dit net een keer. Die dag gaan oor jou en jou man en niemand anders nie. Belê in ’n goeie fotograaf, kry ’n DJ wat mense op die dansvloer sal kry en gaan doen ’n proef vir jou hare en grimering… want jy wil nie spyt wees oor enigiets nie.

WATTER KLEURSKEMA EN TEMA HET JULLE GEBRUIK?
Ek wou ’n rustieke, vinatge, plattelandse en romantiese tipe tema hê en het ’n miljoen idees gehad wat ek vir Eve van Splendid Affairs gewys het. Sy het dit alles bymekaar gesit en dit was ongelooflik. Ons het besluit op babapienk en sagter grys, want ek wou iets tydloos kies waarvan ek altyd sou hou as ek daarna terugkyk.

WATTER ATMOSFEER WOU JY SKEP?
Ons wou graag net hê dat almal ontspan en hulleself geniet.

BESKRYF JOU TROUDAG?
Dit was die beste dag van my lewe en ek sou niks wou verander as ek dit ooit sou moes oordoen nie. Ek het elke oomblik geniet en wens ek het vir vyf minute tyd gemaak om saam met my man asem te skep en na alles te kyk op die dag.

Chloe4

HET DAAR ENIGIETS SNAAKS OF NOEMENSWAARDIG GEBEUR?
Dit was 33̊ C op ons troudag, so ek kon nie Gavin se ring aan sy vinger kry nie. Hy en sy strooijonkers het ook verdwaal op pad na die venue toe. Ek onthou dat ek gehoor het my sussie vra: “Julle is waar?” voordat sy omgedraai en uitgestap het om my nie te ontstel nie.

HET JY ENIGE PROJEKTE SELF AANGEPAK?
Ek het my eie tafelplan gemaak met ’n stuk muurkuns wat ek by ’n kunswinkel gekoop het… dit het die woord LOVE op gehad. Ons het ook ’n lekkergoedtafel gehad sodat die mense laat aand iets gehad het om aan te peusel en dit het ook sommer as dankiegeskenkies gedien.

IS DAAR ENIGE DIENSVERSKAFFER WAT JY WIL UITSONDER?
Hulle was regtig almal ongelooflik… maar as ek moet kies, sou dit beslis Eve wees van Splendid Affairs. Die hele look en feel van die troue is deur haar opgetower.
Dylan en Tam van Tyme was ook ongelooflik. Hulle het ook ons verlowingfotosessie gedoen.

Chloe5

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Red Ivory Lodge
Koördinering, spyseniering, troukoek en drankies: Red Ivory Lodge
Blomme en dekor: Splendid Affairs
Verhurings: Candy Buffet
Foto’s: Thyme Photography
Video: Free the Orange
Musiek: Cream Cheese
Trourok: Essense van Australië
Grimering: Sam Scarborough
Bruidegom se uitrusting: Hugo Boss

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA