Troutendense kom en gaan en dit is belangrik om op hoogte te bly van wat gewild gaan wees en wat nie. An-Sophie Jonker gesels met Tsekama hieroor.

Tsekama Wedding Venue and Private Game Reserve het talle nuwe troutendense by hulle troues weerspieël in 2018. So kom ons wag gou ʼn bietjie voor ons 2018 agter ons sit…

Eers oor Tsekama…

“Ons gebruik nie ʼn “one-size-fits-all”-benadering tot troues nie. Hier word elke bruid se idees met entoesiasme aangepak om die unieke prentjie wat in haar kop is, ʼn realiteit te maak. Geen moeite is te veel vir Marinda Turvey en haar professionele span nie. Met meer as sestien jaar se ondervinding in die troubedryf, loop funksies seepglad – voor en agter die skerms. Marinda se kreatiewe benadering, ervaring, liefde vir mense en ʼn oog vir detail, maak dat bruide dadelik op hulle gemak voel en met vertroue die leisels kan oorgee.”

Ons het by Tsekama gaan aanklop, om uit ʼn kennersopinie te hoor, wat het uitgestaan by hulle troues in 2018. Wat was treffers en groot troutendense wat nog ʼn jaar sal kan hou.

Blomme:

– Ons het ʼn swaai gemaak wat bo die bruidspaartjie se tafelhang, waarop blomme rangskik word. Die blomme vertoon asof dit dan bo die bruidspaar sweef, en maak ʼn treffende effek saam met die tafel se rangskikking.
– ʼn Lang rangskikking, waaronder sagte materiaal hang, wat voor in die kerk is, kry ook groot aftrek by ons bruide en is een van die gewildste troutendense.
– Ons het baie met sirkels gewerk laasjaar en blomme met ʼn hoepel-effek agter die bruidstafel. Ons het ook ʼn groot sirkelswaai waarop blomme gerangskik word vir ʼn foto-geleentheid wat ons op die wal van die dam opstel. Dit is baie gewild onder die trougaste.
– Baie bruide het verkies om met die vars groen blare te werk, wat vertoon asof dit oor die hele tafel lê, soos ʼn “runner”.

Dekor:

– Baie van ons bruide het wegbeweeg van tradisionele ronde tafels en verkies ons hout, reghoekige tafels.
– Meer natuurlike elemente soos hout, vars takke en glas was gewilde troutendense in 2018. Bruide breek ook weg van groot tafeldoeke en verkies dat die natuurlike hout van die tafels vertoon. Hulle verkies ook ysterstoeltjies eerder as stoele met lapoortreksels.
– Wat ons span by Tsekama die afgelope jaar getref het, was dat meer troues op die natuurlike elemente gefokus het. Blomme, groen takke en die geleentheid om buite te wees, eerder as dramatiese, swaar kleure en temas. Kleure was ligter (meer wit en groen) alhoewel elemente van burgundy (saam met ligte pienk) ook groot aftrek gekry het.

Naweektroues:
Om die opgewondenheid van die troue langer met gaste te deel, begin meeste van ons troues met ʼn kuier by die Boma op ʼn Vrydagaand, waar almal saam kuier en braai en duur sommer tot Sondag middag, waar hulle ʼn laat-ontbyt by ons restaurant, Die Shack, geniet.

Ander gunsteling troutendense

– ʼn Jenewer-stasie is baie gewild. Na afloop van die seremonie, geniet die gaste eerder jenewer, as die skemerkelkies van vorige jare.
– Baie bruide het wegbeweeg van tradisionele troukoeke af en geniet ʼn sout alternatief van kase saam met die versnapperings na afloop van die seremonie.
– Die meeste van ons bruidspaartjies breek ook weg van ʼn voorgereg, en verkies ʼn broodtafel wat die gaste kan geniet terwyl die hulle foto’s neem. Dit is een van die troutendense wat nog ’n rukkie gaan hou.

Tsekama bied ʼn groot omvattende pakket aan wat baie troutendense insluit:

• Keuse tussen die dam, die kapel of die bos om die seremonie by aan te bied.
• ʼn Smullekker-spyskaart wat voorberei word deur ons residensiële sjef.
• Uiteenlopende en reuse verskeidenheid dekor.
• Ervaring in blommerangskikkings.
• ʼn Jolige platejoggie.
• Luukse akkommodasie vir meer as 50 gaste. Verdere verblyf sluit in: ʼn unieke ‘container’- en bottelhuis – wat ook ideaal vir alternatiewe troufoto’s en kuiers is.

Trouendense van 2018 wat in soveel unieke vorms by Tsekama te sien was, hoef ons nie eers agter ons te sit nie, want dit is beslis die moeite en mooi werd om nog ʼn jaar te siene te wees! Alhoewel Marinda Turvey en die Tsékama span met hulle innoverendheid heelwat nuwe troutendense in 2019 ook na die tafel toe sal bring!

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA