Trouroktendense kan handig te pas kom wanneer jy op soek is na die mooiste rok vir jou perfekte dag, alhoewel dit nie die alfa en omega is nie. An-Sophie Lourens het by Bride&Co gaan hoor watter ontwerpe gewild gaan wees in die nuwe jaar.


KLIEK HIER OM TROUKOORS SE SPLINTERNUWE TYDSKRIF TE BESTEL
————————————————————————————————————————————

Oor ’n paar maande is 2018 hier, met splinternuwe modes en trouroktendense. Alhoewel dit nie noodwendig die enigste faktor is wat jou finale keuse moet bepaal nie, kan dit help om jou in die regte rigting te lei. Bride&Co vertel vir ons meer oor die nuutste trouroktendense en hulle splinternuwe reeks rokke.

WAT GAAN DIE TROUROKTENDENSE VIR 2018 WEES?
Dié trouseisoen keer ons terug na elegansie. Die nuutste trouroktendense beweeg terug na eenvoudige, gestruktureerde sofistikasie. Bride&Co se nuwe reeks fokus hoofsaaklik op die bruid se rug. Die nuwe reeks is ontwerp vir die elegante, moderne bruid en spog met verleidelike bandjies, kruis- en dwarselemente, lae snitte en illusie-net detail.

WATTER TIPE ROKSTYL PAS DIE BESTE BY DIE NUUTSTE TROUROKTENDENSE?
Die styl van die jaar word gedomineer deur kontemporêre sofistikasie, met gestruktureerde lyne, wat dit die sjiekste trouseisoen nóg maak. Minimalisme is weer in met luukse materiale soos Hertoginsatyn, Mikado, Crepe en sagte Chiffon. Dink aan balrokke met diep neklyne, noupassende meerminrokke met lae ruglyne en klassieke A-lynrokke, met romantiese afwerkings soos sakke en versierde neklyne. Hierdie rokke het ’n verbeeldingryke benadering, perfek vir die dromerige bruid met ’n waardering vir moderne trouroktendense.

HOE KAN BRIDE&CO HELP OM AAN ’N BRUID HAAR DROOMROK TE VERSKAF?
Bride&Co stel hierdie seisoen die trouroktendense bekend vir beeldskone bruide met verskillende begrotings en behoeftes. Die maatskappy bestaan al sedert 2008 en hou honderde stylvolle snitte aan deur ontwerpers soos Oleg Cassini, Viola Chan en hul eie inhuisreeks, die Bride&Co Collection.

HOEVEEL KOS DIE ROKKE BY BRIDE&CO?
Bride&Co glo dat elke bruid verdien om goed te voel en beeldskoon te lyk op haar spesiale dag. Die nuwe reeks se pryse wissel tussen R2 800 en R25 000. Dit bied hoë gehalte rokke in die nuutste trouroktendense vir bruide met enige begroting.

GAAN DIE BRUID MET MEER AS NET HAAR TROUROK KAN WEGSTAP BY BRIDE&CO?
Beslis. Sodra sy “ja” gesê het vir haar droomtrourok, kan die perfekte trouskoene, juwele, sluier, strooimeisierokke en selfs uitrustings vir haar ma en skoonma by ons gekry word. Al wat sy hoef te doen, is om ’n afspraak te maak by een van ons tien winkels regoor die land.

Besoek Bride&Co se webblad om jou naaste winkel op te spoor en volg hulle ook op Pinterest, Instagram, Facebook en Twitter vir die nuutste nuus en ontwerpe.

Daar het jy dit! Nie net weet jy watter trouroktendense in 2018 gaan koning kraai nie, maar jy weet ook presies waar om jou droomrok te kry. Met ’n elegante, gesofistikeerde, moderne trourok gaan jy beslis jou aanstaande man en trougaste betower.

Bride&Co se pragtige ontwerpe vorm ook deel van Troukoors se nuutste uitgawe se mode-afdeling. Kry joune nou aanlyn of by uitgesoekte Spar-, Clicks, Checkers– en Pick ’n Pay-winkels voordat dit uitverkoop.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA