Troues by Duck Point Venue, onder leiding van funksiehoof Jean-Prieur du Plessis, loop nie net seepglad af nie, maar is ook altyd iets waaroor gaste vir weke daarna praat. An-Sophie Jonker het meer gaan uitvind oor D-dag by hierdie besonderse bestemming.

Troues by Duck Point breek gewoonlik aan met rustige waterstroompies, groen gras, die mooiste venue van steen en hout en geliefdes voor die kansel… As jy nou net die sprokiesprentjie van D-dag by Duck Point saam gedroom het, is die artikel beslis ʼn moet lees.

WAT KAN BELANGSTELLENDE BRUIDSPARE VERWAG AS HULLE BY DUCK POINT IN RY?
“Water wat saggies loop en asemrowende uitsigte spel sommer ontvlugting van die gewoel van die besige stad. Welige groenigheid en ʼn perfekte landskap omvou ʼn tydlose struktuur van natuurlike stene, houtbalke, staalstrukture en groot vensters wat uitkyk oor ʼn panoramiese uitsig van die Vaalrivier. Duck Point bied troues met ʼn rustieke gevoel, vermeng met moderne en industriële elemente.”

WATTER TIPE DIENS KAN BRUIDSPARE NA UITSIEN WAT TROUES AANBETREF?
“Die romantiese atmosfeer van ons unieke troulokaal, in die hart van die Vaaldriehoek, word nie net geskep deur die prentjiemooi uitsig nie, maar ook ons allesomvattende troupakket en unieke troukoördineringsdienste. Elke aspek van die bruid se spesiale dag word voor gesorg – van die regmaakkamer, vyfster-spyseniering deur ʼn topklas-sjef en vele betroubare diensverskaffers.”

WAT SLUIT DIE PAKKETTE VIR TROUES ALLES IN?
• “Onthaalarea
• Rivieruitsig-terrasse
• Luukse bed-en-ontbyt-kamers vir 34 gaste, insluitende die bruidspaar
• Speelarea vir kinders
• Swembad
• Tennisbaan
• Fasiliteite om bote te loods
• Sekuriteitsparkering
• Kapel
• Duck-eiland
• Bruid se regmaakkamer met ʼn slaapkamer, aantrekkamer, badkamer en balkon”

WAT STAAN UIT VAN DIE PLEK EN PAKKET?
“Die kapel – ʼn Verskeidenheid ingevoerde stoele vorm die paadjie tot by die kansel, terwyl pragtige glasvensters natuurlike lig in die kapel voorsien. Die hoofkenmerk in die kapel, is ʼn groot houtkruis wat amper ʼn ton weeg en van die dak af hang.
Duck-eiland – die bruidspaar het die opsie om hulle troue op die eiland te hou. Deur oor ʼn klein bruggie te loop van die groot rivierbank tot by Duck Island, sal gaste hulleself letterlik op die rivier aantref. Pragtige wilgerbome verskaf skaduwee terwyl die gaste vir die bruid wag.
Onthaalarea – Die raamlose vensters verskaf ʼn pragtige uitsig van die Vaalrivier. ʼn Sitkamerarea, versier met ingevoerde meubels, vloei in die hoofarea in. In die hoofarea is daar hout, reghoekige tafels en houtstoele. Kos word uit die perfekte versameling eetgerei, breekware en glasware bedien en die dansvloer word opgetooi met skitterende feëtjieliggies.”

Volgens Jean-Prieur is daar opsies wat aan elke bruidspaar se smaak sal voldoen: “Ons het deurdagtig pakkette saamgestel sodat elke bruidspaar iets kan kies wat spesiaal by hulle troues komplementeer. Jou troue moet sy eie styl en elegansie hê, wat ʼn individuele indruk maak met die aandag op detail. By Duck Point is daar nie twee troues wat dieselfde is nie.”

As jy belangstel om jou D-dag by Duck Point te hou en graag die venue wil besoek, kan jy ʼn afspraak maak om privaat daarna te gaan kyk. Afsprake kan gemaak word by www.duckpoint.co.za of info@duckpoint.co.za.

Troues by Duck Point is sinoniem met waterstrome, groen grasperke, besonderse mooi geboue en uitstekende diens. Jy kan verseker wees dat alles voor en op D-Dag voor gesorg word sonder enige bekommernisse. Van al die mooi plekkies langs die Vaalrivier, is Duck Point beslis een van die mooistes!

Foto: Webblad

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA