Troubeplanning is ’n groot uitdaging en nie elke paartjie kan ’n wedding planner extraordinaire á la Franq (soos in die fliek, Father of the Bride) bekostig nie, en moet sommige (of al) die troureëligs self behartig. Lees verder om seker te maak dat jy nie een van hierdie trouebeplanningsfoute maak nie…
Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posmetode word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.
————————————————————————————
Sonder deeglike troubeplanning sal jou groot dag nooit uitdraai soos wat jy dit graag wil hê nie, maar waar begin ’n mens? Gina van Staden het gaan ondersoek instel oor hoe ’n mens die takie aanpak en watter slaggate jy liefs moet vermy.
JY WIL ALLES SELF DOEN
As jy ’n werkesel of perfeksionis is, gaan jy buite jou gemaksone moet tree sodat jy nie foute met jou troubeplanning begaan nie. Doen-dit-self-projekte hou baie voordele in, maar om jouself uit te brand voor jou troue is nie die moeite werd nie. Leer hoe om take te delegeer, of vra iemand wat jy vertrou om jou te help.
JY WIL ALMAL GELUKKIG HOU
Jou troudag is die één dag wat dit net oor jou en jou maat gaan. As jou ma ongelukkig is dat jy nie op ’n tradisionele spoor wil bly vir jou troue nie, sal jy net jou man moet staan en leer om “nee” sê. Baie bruide is na die tyd spyt dat hulle geswig het onder die druk van wat ander vir hulle troue wou hê.
JY BEGIN MET REËLINGS VOORDAT JOU GASTELYS GEFINALISEER IS
Getalle beïvloed grootliks die begroting, die venue wat julle kies, spyseniering en sitplekbeplanning en is ’n belangrike deel van jou troubeplanning. Die intieme kapel in die berge mag dalk nog altyd jou droom venue gewees het, maar is dalk nie geskik vir die 300 gaste wat julle genooi het nie.
PANIEKBEVANGE BESPREKINGS
Dis ’n feit dat diensverskaffers lank vooruit bespreek word, maar om iemand oorhastig te kies uit vrees dat jy nie iemand beter gaan kry nie, is ’n groot fout, begin dus vroegtydig met jou troubeplanning en doen jou huiswerk.
MIKRO-BESTUUR VAN JOU DIENSVERSKAFFERS AS DEEL VAN TROUBEPLANNING
Die mense wat jy bespreek (en betaal) om dienste te lewer vir jou troue, is professionele mense met baie ervaring. Jy het hulle gekies vir ’n rede, so vertrou hulle en laat hulle toe om hul werk te doen – jy het reeds genoeg hooi op jou vurk.
JY KIES JOU STROOIMEISIES VIR DIE VERKEERDE REDES
Jou maat mag dalk ses strooijonkers kies, en jy net vier strooimeisies, maar dit is nie ’n rede om nog twee noodgedwonge te vra net sodat julle getalle ooreenstem nie. Partymaal kan jy ook onder druk wees om sekere vriendinne/ familielede te vra, maar moet dit nie doen net omdat jy voel dit word van jou verwag nie.
In Die Trouboek deur Troukoors en Gretha Wiid, is daar wenke en raad van onskatbare waarde. Jou troue hoef nie die slagoffer van swak troubeplanning te wees nie.
Foto: The Knot