Die bosveld kan ’n prettige troubestemming wees. An-Sophie Lourens het gaan loer waar plaaslike paartjies hierdie ervaring kan hê.
Die bosveld is vir enige Suid-Afrikaner ʼn geleentheid om te baljaar. Bushveld Venue in Cullinan bied presies dit aan vir ʼn hele naweek se troumakietie.
WAT WORD BEDOEL MET BOSVELDMAKIETIE?
“Bushveld Venue skep ʼn lekker, egte bosveld atmosfeer. Gaste het vryheid om tot sonop te kan kuier. Die meeste gaste sien Sondag die son opkom by die boma area en sluit die Sondag af met ʼn lekker koppie boeretroos en ontbyt voor hulle groet.
Aangesien die meeste van die gaste ook alreeds vanaf die Vrydag saam kuier gee dit die gaste kans om mekaar te leer ken en veroorsaak dit, dat teen Saterdagaand met die troue is almal gemaklik met mekaar, nuwe vriende word gemaak en kuier almal soveel lekkerder saam.
Die hele venue se atmosfeer is die van lekker feesvier, gesels, kuier en dans tot die son opkom. Gaste kan ook net rustig om die bomavuur sit en lag oor die ou dae en kinderjare en so ook nuwe herinneringe en vriende maak.”
HOE VERSKIL DIE EFFEK EN ATMOSFEER IN DIE BOSVELD VAN WINTER NA SOMER?
“In die somermaande is dit lekker warm, die berge is lieflik groen so bruide geniet ʼn ware bosveld somertroue. In die winter is dit nogsteeds ʼn ware bosveldwinter met herfskleure en groot vure in die boma, wat die gaste lekker warm hou en dit gee ʼn ware kuieratmosfeer.”
ʼN PRAKTIESE EN GERIEFLIKE OPSET…
“Ons het beide ʼn opelug- en binnekapel waarvan die bruid kan kies. Daar is ʼn weidingsarea onder die bome waar gaste hulle verwelkomingsdrankies en kaasborde geniet. Ons onthaalsaal is ʼn groot, ou skuur met groot sink skuifdeure, wat lieflik groot oopmaak en toegang gee tot ons boma-area. Die saal se dakke is lekker hoog en gedrapeer met feëtjieliggies vir daardie romantiese effek. Ons opset en atmosfeer skep ʼn gemaklike rustieke maar tog elegante atmosfeer waar die gaste die vrymoedigheid het om meel op die vloer te gooi, hul skoene uit te skop en lekker te skoffel.”
HOE BELANGRIK IS ʼN GOEIE VERHOUDING TUSSEN DIE VENUE EN DIE BRUIDSPAAR?
“Ons venue word deur my en my man as eienaars bestuur en daarom is ons ten alle tye op datum met ons gaste en bruidspare, tesame met ons span van personeel wat al ʼn ver pad saam met ons stap en weet hoe belangrik ons besigheid, gaste en bruidspare vir ons is. Vir ons is hulle nie net “kliënte” nie, hulle is ons lewe. Ons bly ook self op die venue en is dus oor die naweek, terwyl die builof aan die gang is, enige tyd beskikbaar vir ons bruidspaar en hul gaste.”
DIE PAKKET…
“Ons pakkette sluit die gebruik van die venue vir die hele naweek eklusief aan die bruidspaar en hulle gaste in. Akkommodasie is beskikbaar vir Vrydag- en Saterdagaand, asook die wittebrood kamer. Dit sluit ʼn driegang-buffetmaaltyd in, platejoggie en tafeldekor vir die onthaal in.”
As jy opsoek is na ʼn venue met ʼn bosveldatmosfeer, wil kuier tot die son opkom en onverbeterlike diens ervaar, is Bushveld Venue beslis die plek vir julle bosveld baljaar. In ware bosveld gasvryheid gestel: “Ons gaste arriveer as gaste en vreemdelinge en Sondae ry hulle hier weg as familie en vriende.”
Kontak hulle vir meer inligting of besoek hulle webblad.
Foto: Kief Kreativ