’n Strooimeisie is die gom wat ’n troue aanmekaar hou. Christell du Preez van The Peachy Peony gee raad oor hoe jy jou skitterend van hierdie taak kan kwyt.
Die laaste eksemplare van Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe is nou op die rak by Pick ’n Pay, Checkers en sekere Clicks en Spar winkels. Koop dit sommer vandag nog voor dit finaal van die rak af verdwyn, of bestel die tydskrif saam met Die Trouboek direk by ons (teen spesiale afsalg – saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels). Kliek hier vir meer info of om te bestel.
————————————————————————————————————————————————————–
Jy is gevra om jou vriendin se strooimeisie te wees, maar weet jy wat jou verantwoordelikhede is met hierdie nuwe titel? Hier is ’n lys, asook wenke, om jou vriendin te help om die beste van haar groot dag te maak.
PROBEER HELP
Wanneer julle ontmoet vra jou vriendin waarmee jy kan help, wees spesifiek en vra byvoorbeeld of sy hulp nodig het met skryfbehoeftes of met die soek van sekere diensverskaffers. Die meeste bruide wil nie alleen diensverskaffers gaan spreek of inkopies vir die troue doen nie, bied aan om saam met haar te gaan.
GEE VOORSTELLE
Elke bruid wat trou het ’n Pinterest-bord wat al haar trou-inspirasie bevat. Gaan kyk waarvan sy hou en gee voorstelle wat by haar smaak sal pas. As jy oulike idees sien, deel dit met haar of as jy ’n diensverskaffer ontdek wat iets maak waarna sy soek, laat weet haar. Dit is belangrik dat jy, as strooimeisie, moet inkoop in die opwinding en beplanning van haar mooiste dag.
ONTHOU DAT SMAAK VERSKIL
Probeer onthou dat dit haar dag is en al hou sy van goue sandale en jy nie, glimlag en ondersteun haar in haar besluite. Onthou sy gaan dalk eendag jou strooimeisie wees en dan gaan jy die ondersteuning en hulp waardeer.
STAAN OP VIR DIE BRUID
As julle vergader en die ander strooimeisies stem nie saam met die bruid se keuses nie, wees ’n positiewe invloed. Herinner die ander dat dit die bruid se troudag is en dat hulle daar is om die lewe vir haar makliker te maak, nie moeiliker nie.
KALMEER DIE BRUID
Daar is soveel detail wat in ’n troue ingaan. Die familie raak vir een of ander onverklaarbare rede gewoonlik moeilik en dan moet hulle boonop ook nog met al die emosies van die bruid rekening hou. So probeer verstaan as haar senuwees knaag en praat eerder kalm met haar om ’n uitbarsting te voorkom.
HELP MET BEPLANNING
Help die bruid om op datum te bly met alles wat voor die troue gedoen moet word. Herinner haar om ’n lysie saam te stel met alles wat sy van elkeen verwag, asook wat elkeen finansieël moet bydra in terme van hulle rokke, skoene, juwele, hare en grimering (as sy nie in staat is om alles namens die strooimeisies te betaal nie). Onthou dat die reël van die kombuistee ook die strooimeisies se verantwoordelikheid is, alhoewel dit nie op die bruid se lysie gaan wees nie.
WAT VAN DIE STROOIMEISIES VERWAG WORD:
Hier is ’n kort opsomming van wat van ’n strooimeisie verwag word:
* Help tydens die beplanningsfase,
* Gaan saam om die gevolg se klere en bykomstighede te kies,
* Beplan die kombuistee saam met die bruid se ma,
* Wees beskikbaar die week voor die troue om te help as daar enige krisisse of take by die venue is.
* Help met die opstel van die blomme, dekor, skryfbehoeftes ensovoorts op die dag van die troue.
Dit is die strooimeisie se verantwoordelikheid om die bruid kalm te hou voor en op haar groot dag. Moenie teleurstel nie, want as iemand dit kan regkry, dan is dit jy!
Foto: Bridal Party App