Verras hom (of julle nou pasgetroud is of nie) met een van hierdie oulike liefdesbriefies in sy aktetas. Dit is nie net romanties nie, maar sal hom ook baie spesiaal laat voel.
As jy graag die man in jou lewe spesiaal wil laat voel, is hierdie oulike briefies van The Design Deli die ideale ding om in sy kosblik te sit. Hy sal so verras wees wanneer hy sy tas oopmaak en hierdie briefie daar kry… en sy vriende sal sommer ook baie beïndruk wees met die oulike vrou wat hy het.
Al wat jy hoef te doen, is om die volgende:
- Kliek hier om die ontwerp af te laai.
- Druk dit op ’n goeie gehalte karton.
- Sny dit uit.
- Sit aan mekaar en steek dit in sy tas of dagboek weg.
Jy kan ook ’n notaboekie koop en dit op die buiteblad plak en vir hom as geskenk gee, sodat hy altyd weet dat hy vir jou spesiaal is.
Om romanties te wees en jou waardering te toon, was nog nooit so maklik nie.