ringkussing
Die ringkussing word steeds gebruik, maar is tans nie hoogmode onder moderne bruide nie. Christell du Preez van The Peachy Peony gee oulike idees vir wanneer ’n ringkussing nie in jou smaak val nie.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Die ringkussing is ’n geruime tyd reeds uit die mode. Almal het dit al gedoen en jy is lus om ’n bietjie anders te wees. Hier is ’n paar idees wat die moderne bruid sal opgewonde maak:

* ’n Spesiale hardebandboek met julle name of monogram op is meer interessant as ’n ringkussing.
* ’n Glashouer met mos in (dit laat ’n mens aan ’n sprokie dink).
* ’n Hout boksie met ’n Mnr en Mev -afkorting is ideaal vir ’n rustieke tema.
* ’n Hout houer wat uit ’n stomp gemaak is.
* ’n Spesiale porseleinhartjie met mooi bewoording op, wat gebêre kan word na die tyd.
* ’n Geborduurde raam met dieselfde kant as waarvan jou trourok gemaak is.
* ’n Voëlhokkie met julle ringe snoesig in ’n liefdesnessie.
ringkussing_2

Of jy nou van ’n tradisionele ringkussing of van iets meer opwindends hou, die keuse bly joune! Geniet julle beplanning.

Hooffoto: Hanri Human Fotografie
Foto’s: Etsy, Style Me Pretty,Loft Photography, Dear Pearl Flowers, Lovely Clusters
 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA