’n Trourok wat mooi pas, is elke bruid se droom. Jy kan joune nou by Bride&co koop teen ’n spesiale afslagprys.
Droom jy nog altyd van ʼn pragtige Bride&co trourok vir jou droomtroue. Dan moet jy vir seker ʼn draai gaan maak by Bride&co se einde van seisoen uitverkoping. Dit vind plaas vanaf 18 Januarie tot en met 5 Februarie 2018 en daar is afslag tot en met 75% op hulle items.
Bride&co help bruide om binne hulle begrotings te bly met hulle grootste einde-van-seisoen-uitverkoping. Die meeste bruide het ʼn baie streng begroting as dit kom by hulle trourok, en kan dus nie altyd die rokke bekostig wat hulle graag sou wou hê nie, of wat hulle al lankal oor droom nie.
Maar dan kom die wonderlike tyd van die jaar vir Bride&co se grootste uitverkoping van hul mooiste rokke, ’n trourok waarvan enige meisie droom. Koop jou droomtrourok teen ʼn fraksie van die prys, tot en met 75% afslag.
Hierdie wonderlike geleentheid sluit ook in van hulle nuwe reeks voorbeeldtrourokke wat nog nooit voorheen te sien is nie, wat gaan verkoop teen so min as R3 999!
Bride&co het ook verskeidenheid van trourokke, strooimeisierokke, aandrokke en bykomstighede wat sal sorg dat elke dame iets sal vind vir daardie spesiale geleenthede.
Die manne word nie uitgelaat nie, en daar is ook ietsie vir die bruidegom en sy manne. Manspakke sal beskikbaar wees vanaf R999!
Gaan loer in by Bride&co-winkels landswyd!
Kyk op hulle webblad vir meer inligting.
Met hierdie uitmuntige uitverkoping deur Bride&co, kan jy as bruid ʼn pragtige trourok kry wat nie die bank sal breek nie, maar jy sal steeds asemrowend mooi lyk op jou groot dag.
Vertaling: Minette Badenhorst