Monte De Dios is ’n pragtige Spaanse Villa wat alles waarvan jy kan droom vir jou spesiale dag saamvat. Minette Badenhorst het meer gaan uitvind oor hierdie pragtige venue.

Mooi geboue, verskeie onthaalopsies, perdestalle en talle ander wonderlike elemente maak deel uit van wat Monte de Dios in Pretoria alles aan bruidspare kan bied. Ons het meer gaan uitvind oor wat paartjies kan verwag.

VERTEL ONS MEER OOR MONTE DE DIOS?
Monte De Dios, ’n pragtige Spaanse Ruitersvenue, is geleë in Pretoria-Oos met die skilderagtige Bronberg as agtergrond. Monte De Dios is ideaal vir troues, spesiale geleenthede en konferensies. Die venue bied ’n verskeidenheid veelsydige binnenshuise en buite-onthaalareas met lieflike uitsigte. Omdat elke geleentheid uniek is, bied ons doelgemaakte pakkette wat in elke voorkeur en begroting sal pas.”

WAT MAAK JULLE VENUE UNIEK?
“Weelderige geriewe, professionele diens, asook keurige spyseniering en toegewyde, vriendelike personeel maak van Monte De Dios ’n unieke venue.”

IS DAAR SPESIFIEKE DIENSTE WAT JULLE EKSTRA LEWER AAN JULLE PAARTJIES?
“Elke paartjie kry op hulle troudag die wittebroodsuite gratis ingesluit by die huur, wat dan ook ’n romantic turndown insluit na afloop van die troue. ’n Bottel sjampanje vir die kamer word gratis ingesluit vir die paartjie. Die venue se koördineerders is altyd daar om met die beplanning te help – van die begin af regdeur tot en met die laatste minuut van hulle spesiale dag.”

WATTER RAAD HET JULLE VIR PAARTJIES WAT NA VENUES KYK?
“Kies die venue waarvan julle die meeste hou. Dit is julle spesiale dag en geen ander persoon s’n nie. Dit moet lewe gee aan jou sprokie… en Monte De Dios kan dalk net die regte keuse wees vir julle mooiste dag.”

Vir meer inligting oor Monte De Dios se pakkette, besoek gerus hulle webblad.

Foto: Fathom Media

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA