In die digitale era, is dit normaal om al die inligting wat jy soek aan jou vingerpunte te hê? Hoekom dan nie ook jou gunsteling-tydskrifte nie? An-Sophie Jonker ondersoek die wonders van Magzter.


Die moderne lewe is baie vinnig en baie kompak. Alhoewel tydskrifte op jou koffietafel mooi is, is spasie dikwels beperk en kan ’n hopie glansblaaie jou ’n fortuin kos.

Maar moenie bekommerd wees nie, want jy kan steeds die mooi inneem wat al jou tydskrifte bied… sonder om die bank of jou inkopieskouer te breek.

Moenie te skuldig voel as jy nog nooit vantevore van Magzter gehoor het nie, maar ek kan jou waarbrog nadat jy hierdie artikel gelees het, gaan jy dit dadelik wil aflaai!

DIE WÊRELD AAN JOU VINGERPUNTE
Magzster is die grootste platform waar jy tydskrifte en koerante, van regoor die wêreld, aanlyn kan aflaai en lees.

Jy kan inteken op Magzter se webblad of die toepassing op jou Apple, Google Play, Kindle Fire, Amazon App store of Nook aflaai. Sodra jy ingeteken het, kan jy enige tydskrif soek en koop wat jou hart begeer. As jy vir drie of ses maande vooruit vir die tydskrif betaal, spaar jy 11% op die tydskrifte en as jy vir ʼn jaar aansluit 25%.

Vorige of die nuutste uitgawes van tydskrifte is ook op hierdie toepassing beskikbaar en jy kan op soveel as vyf toestelle jou intekenbesonderhede gebruik om toegang te kry tot jou Magzter-profiel.

As jy ʼn oulike artikel lees kan jy dit ook met jou Facebook- of Twitter-vriende deel, of dit vir hulle e-pos.

Jy kan ook inteken op Magzter Gold, waar jy vir R80 ʼn maand of R700 ʼn jaar onbeperkte toegang tot meer as 5 000 tydskrifte kry. Dis ʼn groot winskopie!

As jy voel jy gaan nie 5 000 tydskrifte gelees kry nie, kan jy met die Magzter Gold Lite-pakket ook teen R50 per maand onbeperkte toegang tot vyf Magzter-tydskrifte van jou keuse kry. Daar is ook ʼn Magzter Gold Bussiness-pakket wat jy kan gebruik om jou werknemers of kliënte die geleentheid te gee om van die unieke toepassing gebruik te maak.

MAGZTER IS BESONDERS, WANT…

  • Daar is meer as 50-miljoen mense regoor die wêreld wat gebruik maak van Magzter.
  • Jy het ʼn keuse van meer as 11 500 tydskrifte op hierdie platform.
  • Meer as 4 500 uitgewers deel hulle inhoud hierop.
  • Daar is ʼn veel groter verskeidenheid van plaaslike tydskrifte op Magzter beskikbaar as op die winkelrakke.
  • Jy kan tydskrifte aflaai om later sonder internet toegang steeds te kan lees.
  • Dit kan jou eerste tree na ʼn meer groen leefwyse wees.

Troukoors se vierdie uitgawe sal einde November op Magzter beskikbaar wees. Dit is ʼn fantastiese manier om dit moeiteloos in die hande te kry en sommer al die oulike artikels met jou vriendinne wat op trou staan te deel.

Magzter maak die beskikbaarheid en gerieflikheid van tydskrifte makliker as ooit! Nog ʼn bonus, soveel meer bekostigbaar!

Foto: Freepik
 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA