koue voete
Koue voete is ’n normale verskynsel wat amper elke bruid ervaar. In die meeste gevalle is dit maar net ’n kombinasie van troustres – maar in die ander gevalle dalk ’n teken. Hier is ’n paar algemene dinge wat bruide laat stres en hoe jy koue voete kan benader.

——————————————————————————————
Daar is slegs 2 weke oor om DIE TROUBOEK by ons te koop! Maak sommer nou dadelik ‘n aantekening in jou dagboek om jou boekie en tydskrif voor einde Julie 2016 by ons te bestel (betroubare posdiens word gebruik). Spaar boonop R44.90 as jy albei neem! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

ERWS-BANNER-20-96x14

——————————————————————————————-

Trou is nie perdekoop nie en ’n groot stap vir enige bruid en bruidegom. Dit is die dag waarop julle ’n nuwe lewe saam begin – en alhoewel jy beslis opgewonde is daaroor, kan dit jou ook laat twyfel en stres… iets wat dikwels tot koue voete kan lei. Hier is ’n paar dinge waaroor bruide twyfel en hoe jy dit kan benader.

WAT AS DIE PASSIE VERDWYN?
Die gemmiddelde gesonde huwelik hou ongeveer veertig tot vyftig jaar, wat beteken dat julle lank gaan saam wees en baie tyd saam gaan spandeer. Ja, jy gaan nie noodwendig elke dag lus voel vir sy geselskap nie, maar julle gaan saam groei, julle verhouding ontwikkel en met elke stadium van julle lewe nuwe passie, gerief en fases ervaar – en julle gaan dit saam doen. Die huwelik is ’n verhouding en verhoudings is selde vervelig of eenvoudig, so druk deur en vergeet van die koue voete.

WAT AS HY NIE MEER LIEF IS VIR MY NIE?
Dit is nie onmoontlik nie, maar in meeste gevalle is dit onwaarskynlik. Daar is nie ’n manier hoe jy dit nou kan voorspel nie, so moenie dat dit vir jou koue voete gee nie. So dalk is dit beter om in die hier en nou te leef en die oomblik waarin julle lewe te koester. Niemand van ons is perfek nie en almal maak foute en is nie altyd die ideale eggenoot nie. Daarom moet jy dinge een-dag-op-’n-slag vat en dit jou beste gee.

WAT AS EK NIE MEER LIEF IS VIR HOM NIE?
Vra jouself wat jou man ooit sou kon doen om te veroorsaak dat jy nie meer lief is vir hom nie. Jy kan keer dat dit gebeur. Wees versigtig vir dinge in julle huwelik wat die potensiaal het om emosioneel te raak. Vermy daardie vriendelike kollega by die werk wat probleme kan veroorsaak en gesels met jou eggenoot en vertel hom wanneer hy dinge doen wat jou ongelukkig maak – sonder om te baklei en te kritiseer sodat hy ook daaraan kan werk. Kommunikasie is die sleutel tot sukses in enige verhouding.

MOES EK NIE MET MY EKS GETROU HET NIE?
Moenie dat romantiese flieks jou flous nie, hierdie is die regte lewe en bruide kry nie regtig so erg koue voete dat hulle soos Julia Roberts in Runaway Bride elke keer die kansel ontduik nie. As jy moes, sou jy mos. Hierdie is ’n algemene vraag waarmee bruide worstel, veral wanneer daar ’n lang geskiedenis is met ’n vorige maat. Maar as julle saam moes opeindig, sou julle mos. Moenie hierdie alleen op jou eie probeer uitpluis nie, skakel ’n vriend of vriendin en gesels met hulle oor die dinge wat jou laat afsien het van jou eks. Dit sal help om dinge in perspektief te plaas.

WAT AS DAAR IETS SLEG GEBEUR WAT TUSSEN ONS KOM
Slegte dinge gebeur – selfs met die beste en gelukkigste mense en dit kan alles verander. Dit help glad nie om nou daaroor bekommerd te wees en koue voete te kry nie. Die beste is om nou – terwyl julle gelukkig is – aan julle verhouding te bou, sodat julle sterk kan staan teen die storms van die lewe en mekaar kan ondersteun.

Foto: Laura Shoemaker Make-Up

WEN WEN WEN – AL WAT JY MOET DOEN IS OM VINNIG TE STEM!

Stem_Troukoors

Troukoors is genomineer in 2 kategorieë by die Top Vendor Wedding Awards – Best Wedding Magazine en Best Wedding Blog – en jy staan ’n kans om van die lieflike pryse hieronder te wen wanneer jy stem! Hieronder is die 2 skakels – 1 vir die TYDSKRIF en 1 vir die BLOG – waar jy vir ons kan stem na jy geregistreer het. Onthou om vir elkeen afsonderlik te stem en heel aan die einde (heel onder) op SUBMIT VOTE te kliek vir jou stem om te tel – dit neem slegs ’n paar sekondes.

  1. REGISTREER HIER
    http://www.topvendorweddingawards.co.za/voting2016_business.html#info
  1. STEM VIR DIE TYDSKRIF:
    http://www.topvendorweddingawards.co.za/voting2016_magazine.html#voting

Kliek op VOTE NOW
Kliek op START
Kliek op CONTINUE
Kliek op I’M READY TO VOTE
Kliek op Troukoors se LOGO
Vul jou E-POS adres in, gevolg deur OK
Kliek op I ACCEPT
Scroll af tot heel onder en kliek op SUBMIT VOTE
‘Thank you for voting in the 2016 awards’ verskyn op die skerm

STEM VIR DIE BLOG:
http://www.topvendorweddingawards.co.za/voting2016_blog.html#voting

Kliek op VOTE NOW
Kliek op START
Kliek op CONTINUE
Kliek op I’M READY TO VOTE
Kliek op Troukoors se LOGO
Vul jou E-POS adres in, gevolg deur OK
Kliek op I ACCEPT
Scroll af tot heel onder en kliek op SUBMIT VOTE
‘Thank you for voting in the 2016 awards’ verskyn op die skerm

Die wenner sal deur Top Vendor Wedding Awards gekies en gekontak word. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning!

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA