Kolwyntjies kan pragtig vertoon op jou lekkergoedtafel. Hier is ’n heerlike resep en ’n paar versier-idees.

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Alhoewel vrugtekoek in die vroeë negentigs nie meer vir troues gebruik word nie, beweeg die moderne bruid ook weg van die tradisie om een groot troukoek te hê. Snoeperye en selfs kaasblokke staan deesdae in hiervoor en doen ook sommer drievoudig diens as nagereg en dankiegeskenkies.

Hier is ’n oulike resep vir die lekkerste kolwyntjies wat jy saam met die nagereg kan bedien. Ons het ook op Pinterest ’n paar mooi versier-idees raakgeloop.

KOLWYNTJIES
Bestanddele:
2 koppies koekmeel
1 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
4 eiers
1½ koppies suiker
4 eetlepels sonneblomolie
½ teelepel sout

Metode:
1. Verhit die melk en sonneblomolie op die stoof totdat dit begin kook.
2. Sif die koekmeel en sout saam.
3. Klits die eiers en suiker.
4. Voeg die koekmeel- en soutmengsel by en roer met ’n houtlepel tot dit goed gemeng is.
5. Sprinkel die bakpoeier oor en gooi kookmelk bo-oor die mengsel.
6. Meng deeglik en skep in kolwyntjie-bakkies wat in ’n die afskortings van ’n gesmeerde muffin-pannetjie geplaas is.
7. Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 15 tot 20 minute. Laat die kolwyntjies afkoel.

Vir versiering
Bestanddele:
250g versiersuiker
45g sagte botter
3ml vanieljegeursel
45ml room
Voedselkleursel

Metode:
1. Sif die versiersuiker in ’n mengbak.
2. Voeg die botter en vanieljegeursel by.
3. Gooi room by en klits stadig totdat ’n romerige smeer gevorm is.
4. Voeg ’n paar druppels voedselkleursel by en meng goed.
5. Smeer die versiersuiker oor die kolwyntjies.
6. Versier met eetbare hartjies.

Hier is oulike versier-idees vir jou spesiale dag se spesiale kolwyntjies.

Vir nog oulike idees, volg ons Pinterest en Instagram

Resep: Crazy About Cupcakes
Foto’s: Deer Pearl Flowers; Charlotte Magazine; Pinterest

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA