Klip River Country Estate is ʼn sjarmante venue op die oewer van die Kliprivier in die Vaaldriehoek en die perfekte keuse vir jou droomtroue.
As jy ’n sprokiesagtige woudtroue beplan, is daar nie baie venues wat die ding sal doen nie. Daarom is Klip River Country Estate enig in sy soort.
Minette Badenhorst gesels met Klip River Country Estate se Marike Lategan, om ons meer te vertel van hierdie pragtige venue.
VERTEL ONS MEER VAN DIE VENUE?
“Klip River Country Estate is ʼn luukse landgoed op die oewer van die Kliprivier. Enige troue (of selfs funksie) is spesiaal en uniek te danke aan die wye verskeidenheid opsies wat die perseel bied, asook die persoonlike diens van ons personeel. Ons venue het vier verskillende onthaalsale om van te kies, elkeen verskillend in grootte en tema. Te danke hieraan kan ons die kleinste intieme troue spesiaal maak, asook groot familiebyeenkomste.
Daar is verskeie troupakkette beskikbaar. Ons pragtige kapel het ʼn hoë grasdak, ʼn orrel, klavier en ʼn outydse klok om die bruid aan te kondig. Die dek en terrasse op die oewer van die rivier bied die rustigheid van die natuur en vloeinde water wat elke sprokie afrond. Ons bied ook ʼn opsie vir ʼn tuinseremonie op die grasperk tussen die bome.
By Klip River Country Estate is kinders ook altyd welkom. Ons het ʼn spesiale vertrek waar kinders, onder die wakende oog van ’n bekwame kinderoppassers, opgepas word. Hier kan hulle na hartelus speel op die binnehuis se sagte speelgoed. Ons voorsien ook peuselhappies en lekkergoedpakkies.”
WATTER DIENSTE IS UNIEK AAN KLIP RIVER COUNTRY ESTATE?
“Ons leuse: “waar kwaliteit en toewyding steeds bekostigbaar is” word deur elke personeellid nagestreef. Ons diens is persoonlik om elke kliënt se unieke behoeftes te akkommodeer. Die tuine, wat oor jare hier gevestig is, bied die mooise foto-geleenthede. Daar is so baie hoekies dat bruide hulle verlowingsfoto’s en troufoto’s hier kan neem, sonder om dieselfde area twee keer te gebruik.”
IS DAAR SPESIFIEKE DIENSTE WAT JULLE EKSTRA LEWER AAN JULLE PAARTJIES?
Klip River Country Estate bied ʼn foto-ateljee wat deur paartjies gebruik kan word as die natuur nie saamwerk met tuinfoto’s nie. Soos reeds bo genoem, bied ons ’n kinderoppassers-diens om aan die bruidspaar asook ouers van besige bytjies ʼn gemoedsrus te bied dat die kinders goed versorg is maar ook dat hulle lekker kuier en speel.
Behalwe troues spesialiseer ons ook in kombuistees asook Ooievaarspartytjies. Ons venue beskik oor ʼn gastehuis wat as vierster gegradeer is deur die South African Tourism Grading Council. Die gastehuis beskik oor twee wittebroodkamers vir die bruidspaar, elk met ʼn spa-bad en hemelbed. Daar is ook agt ander kamers vir gaste om te oornag. Ons gastehuis bied ontbyt die volgende oggend. Ons gee ʼn persoonlike geskenkie aan elke bruid en paartjie op hulle troudag.”
WATTER RAAD HET JULLE VIR PAARTJIES WAT NA VENUES KYK VIR HULLE GROOT DAG?
“My raad aan paartjies wat na venues gaan kyk is:
1. Moenie na te veel venues op dieselfde dag of selfs ʼn naweek gaan kyk nie. ʼn Mens se brein is ʼn snaakse ding en alles begin naderhand soos dieselfde plek lyk. Sprei die besigtigings oor ʼn paar naweke of selfs een of twee in die week.
2. Wees rustig. Moenie jaag nie. Vat jou tyd by elke venue – al het die venue net ʼn sekere tyd vir jou afspraak, spandeer liewers ʼn bietjie meer tyd as wat jy na die tyd nie kan onthou waarna jy eintlik moes oplet nie.”
Klip River Country Estate kan help om jou droomdag ’n realiteit te maak. Vir meer inligting, besoek hulle webblad.
Foto: Facebook