jou-huwelik
Jou huwelik gaan beslis nie altyd maanskyn en rose wees nie… daarom moet jy hard daaraan werk om te verseker dat die vonk wat tussen julle is nie geblus word nie.

mauritius_toer

Jou huwelik beslaan die meeste plek in jou lewe en is iets waarmee jy vir baie jare moet saamleef. Dit is daarom belangrik om hard te werk om julle liefde te laat aanhou blom. Yolande van Deventer gee raad oor hoe jy die vonk weer kan terugsit in jou huwelik as dit bietjie verflou het…

DIE VERFKWAS VAN LIEFDE: Verf ’n nuwe lagie van liefde oor die bekende dele van jou huwelik. Sê hardop dankie vir daardie klein dingetjies en komplimenteer jou maat. Luister met aandag en omgee na mekaar. Spog bietjie met mekaar…

STRYK JOU HUWELIK UIT: Sit vir ’n slag al die dinge waaroor julle onderlangs brom en mor op die tafel en kom weer op dieselfde bladsy. Veg, vergewe en vergeet. As daar een ding is waaroor kenners saamstem, is dit dat gesonde rusie ’n verhouding wondere kan doen. (Mits dit natuurlik ’n opbouende resultaat lewer.)

PROBEER ’N NUWE VOORKOMS: Koop nuwe parfuum, probeer ’n parmantige kleur lipstiffie en waag bietjie ’n ander styl klere (hy kan maar na sy styl ook kyk) en voel weer soos die voorblad van jou huwelik se tydskrif en nie die byskrifte nie. Julle kan selfs saam die huis oordoen… dit is 100%  gewaarborg om julle uit ’n donker gat te kry!

EKSPERIMENTEER: Of dit nou kos, ’n nuwe tegniek in die bed of ’n ander vakansiebestemming is, probeer net vir ’n slag iets anders as wat julle nou al holrug gery het.

STEL UITDAGINGS IN JOU HUWELIK: Besluit saam en/of apart om ’n nuwe stokperdjie aan te pak en sit ’n tydlyn aan jou projek. Al is dit net om ’n boek ’n maand te lees en mekaar daarvan te vertel.

VERLOOR SAAM GEWIG. Daag mekaar uit en hou gesonde kompetisie.

GAAN VAN LYN AF: Maak elke dag tyd om heeltemal van lyn-af te wees. Jou honderde vriende op Facebook se statusse gaan nie weggaan nie. Die internet gaan nie jou hand vashou nie en Whatsapp soen nou nie juis nie… Boonop saai DSTV-programme soveel keer uit dat jy dit op ’n ander dag en tyd ook kan kyk. Jou maat is nóú hier en jou huwelik het elke dag aandag nodig.

GAAN OP ’N ROMANTIESE VAKANSIE: Daar is niks wat die liefdesvlammetjie weer laat opvlam, soos om ’n bietjie weg te kom uit julle daaglikse roetine nie. Wanneer ’n mens nie werkstres het nie en nie bekommerd hoef te wees oor al die verantwoordelikhede by huis nie, is jy altyd rustiger en kan dan kwiliteit tyd saam met jou maat spandeer. Belê in ’n romantiese vakansie waar julle mekaar weer kan vind. Julle verhouding gaan vir altyd hou en is baie belangriker as aardse goed. Jy kan altyd weer volgende jaar ’n nuwe motor koop, maar verlore tyd saam met jou maat kan jy nooit weer terugkry nie!

Kom kuier saam met Willie en Natasha Joubert in Mauritius en laat julle liefdesvlammetjie weer hoog brand! Vir R28 395 per persoon, kry julle 6 nagte in die luukse 4 ster Tamassa Hotel! Die prys sluit alles hieronder ook in:

  • Retoervlugte op Air Mauritius
  • Lughawebelasting
  • Vervoer tussen die lughawe en hotel (retoer)
  • LOVE AGAIN PASSPORT per paartjie
  • Privaat voldag spabehandeling vir twee
  • Opelug fliek met spesiale aandete
  • Kersligete op die strand
  • Spesiale BEVESTIG WEER JULLE LIEFDE op die strand (privaat met blom-gazebo) – erediens deur Willie en Natasha
  • Spesiale damesoggend saam met Natasha
  • Spesiale oggend vir die mans saam met Willie
  • Liefdesduet by Kerslig Konsert – deur Willie en Natasha
  • 6 nagte, alles ingesluit

Kliek hier vir meer inligting, of skakel vir Harriet by Sky Arch Travel & Tours – harriet@skyarchtravel.com.

666478-1024x410

mauritius_toer

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA