Inspirasie is nodig wanneer jy twee troustyle perfek wil kombineer. Minette Badenhorst het gaan uitvind wat die idee was agter vandag se gestileerde sessie.

Dit is deesdae baie gewild om verskillende gevoel en style saam te bring vir troudekor. Hierdie gestileerde sessie doen dit perfek deur retro en industrieel saam te bring op ʼn elegante manier. Die kleurkombinasie van swart en geel/oranje is ongewoon maar tog geinspireerd. Ons het by Sonja Walker van Captured Photography meer gaan uitvind oor die inspirasie agter hierdie pragtige gestileerde fotosessie.

WAT WAS DIE INSPIRASIE AGTER HIERDIE FOTOSESSIE?
Murasie Wedding Venue spog met ’n nuwe voorkoms wat ons graag wou vier. Ons wou graag soveel as moontlik van die plaaslike verskaffers en hul produkte ondersteun en beklemtoon. Die Proteas en Orgidees kom alles binne 30 km van die plaas af en ’n klomp van die ander loof is op die perseel self gepluk. Die meeste van die dekor is ook deur plaaslike verskaffers gemaak soos die makramie, juwele en byewas kerse. Die ander items was ʼn mengsel tussen modern en retro, om by ons gevoel te pas.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE OP DIE KOMBINASIE BESLUIT?
“Bietjie geel met herfs en industrieel om dit daardie moderne gevoel te gee.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE SPESIFIEKE TEMA BESLUIT EN VIR WATTER TIPE TROUE SAL HIERDIE INSPIRASIE GEPAS WEES?
“Ons wou industrieel met blomme kombineer. Dit sal perfek wees vir jou retro-bruid wat steeds moderne elemente by haar troudekor wil inbring. Die oorbelle en armband het spasies om blomme in te druk, wat ʼn unieke idee gee.”

WATTER KLEURE EN TEMAS, WAT TANS GEWILD IS, WAS DEEL VAN JULLE FOTOSESSIE?
“Die industrieel kom vir my baie mooi saam met die formele venue. Die swart gekombineer met geel elemente is ook daardie perfekte kombinasie.”

WATTER DANKIEGESKENKIES IS DEESDAE IN DIE MODE EN HOEKOM?
“Klein potplantjies sien ek die meeste. Dit is ʼn oulike idee, want die potte kan aanpas by enige tema, dit is relatief goedkoop of kan ook self gekweek word en dit dra by tot die estetiese gehalte van die tafels. Dit is ook iets wat mense kan gebruik en hou in hulle huise.”

WATTER RAAD EN INSPIRASIE HET JULLE VIR BRUIDE?
“Moenie te veel self probeer doen nie, want dit veroorsaak baie en onnodige spanning voor die troue. Kry dus mense wat jy vertrou om julle te help met al die reëlings vir julle groot dag.”

As jy op soek was na inspirasie vir jou rustieke, retro- of herfstroue, kan jy gerus hierdie sessie as voorbeeld gebruik!

Klik hier om die video van die fotosessie te sien!


DIENSVERSKAFFERS
Venue: Murasie Wedding Venue
Stilering, Blomme en Dekor: Husband Wife Team
Skryfbehoeftes: Selmari Slot Creative
Fotograaf: Captured Photography
Videograaf: Thalia and John Films and Music
Trourok: Molteno Creations
Hare en grimering: Studio Michelle
Juwele: Fielafooi Handcrafted Jewellery
Strikdas en das: For-Ever Vogue by Celeste
Swartbordjie: Curated_za
Modelle: Vianda van Deventer en Calvyn

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA