Haarverwydering is noodsaaklik voor jou groot dag en vir die wittebrood wat daarna volg. Minette Badenhorst gesels vandag met Shear Perfection oor die opsies wat beskikbaar is.

Ongewenste hare is nie altyd ʼn onderwerp waaroor dames wil gesels nie, maar is tog iets waaroor dames selfbewus kan wees. Vandag gesels ek met Michelle Madden van Shear Perfection oor haarverwydering vir jou troudag.

VERTEL ONS BIETJIE MEER VAN SHEAR PERFECTION?
“Shear Perfection het agt jaar terug ontstaan omdat ek weet hoe dit voel om met ongewenste hare te sit. Dit het my laat besluit om ook ander te help. My salon is geleë in Roodekrans, aan die Wesrand van Johannesburg. Ek werk intiem van my huis af en doen self haarverwydering met laser vir elke kliënt. So bou ek ʼn spesiale band met elkeen. Dit is die beste gevoel om te sien hoe mense verander en meer selfvertoue opbou soos wat hulle beter oor hulself begin voel. Ek geniet my werk, want ek ontmoet soveel wonderlike mense elke dag.”

WATTER OPSIES IS BESKIKBAAR WAT HAARVERWYDERING AANBETREF?
“Laser gaan onder die vel in en beskadig die wortel waaruit hare groei. Dit werk ongelukkig nie op baie ligte hare nie, want die pigmentasie is te min. Jy moet skeer voor jy kom vir laser en die sessies is ses weke uitmekaar.

HOEKOM IS HIERDIE HAARVERWYDERINGSOPSIE GOED VIR ’N BRUID EN WAT IS DIE VOORDELE?
“Voordele is dit vat ingroei hare weg. Dit is ook nie so seer soos waks nie, inteendeel sommige van my kliënte lê en slaap terwyl ek die haarverwydering doen.”

HOE LANK HOU DIT EN HOE LANK VOOR DIE TROUE MOET DIT GEDOEN WORD?
“Hoe meer tyd ʼn bruid het om te kom vir laser hoe beter, dan kan meeste van die hare weg wees voor die troue. Maar as ʼn bruid so twee weke voor haar troue kom vir eerste sessie dan sal die hare weg wees teen die tyd van haar troue en eers weer omtrent drie weke later begin uitgroei. So kan jy lekker wittebrood hou en nie bekommer oor ongewenste hare nie. Dus kan ʼn bruid een sessie of ses sessies voor haar troue inwerk, dit sal verseker ʼn groot verskil maak.

Die totale aantal sessies hang van die haartipe af. Hoe donkerder jou hare, hoe beter is die kans dat al jou hare sal uitval. As sekere hare nie donker genoeg is nie, word dit wel ligter en sagter en groei stadiger.

Laser is fantasties en as jou hare geskik is mag jy dalk net van elke dag skeer na elke paar weke of dalk glad nie weer nie.”

Haarverwydering sal nie net jou vel glad en syerig laat nie, maar ook jou selfvertroue ’n nodige hupstoot gee. Probeer dit gerus voor jou groot dag.

WEN, WEN, WEN!
Een gelukkige Johannesburgse leser kan ses laser-haarverwyderingsessies wen, ter waarde van R9000!

OM IN TE SKRYF:
* Like en deel die inskrywing op Facebook;
* Like Sheer Perfection se blad; en
* Tag drie vriendinne in die onderste kommentaarblokkie.

NNB. Net geldig in die Johannesburgarea.
Terme en voorwaardes geld.

Terme en Voorwaardes:
* Die prys sluit slegs onderarm- en halfbeenverwydering in.
* Wenners moet in die Gauteng-area wees en moet bereid wees om op hulle eie onkoste na die salon te gaan.
* Die prys is nie verruilbaar vir kontant nie.
* Kompetisie sluit 21 September 2018.

Foto: Freepik

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA