Diere by troues is deesdae ’n gewilde tendens. Dit is ook die inspirasie agter hierdie pragtige fotosessie, waarvan jy meer kan sien in ons nuutste uitgawe wat tans op die rak is!

Daar is deesdae baie paartjies, regoor die wêreld, wat verkies om diere deel te maak van hulle groot dag. Toe ons besig was met die beplanning van ons nuutste uitgawe, het ons die mooiste idees gesien en vir Sophia’s gevra om vir ons ’n spesiale gestileerde fotosessie hiervoor te doen.

Cool Dogs Ice Cream se reeks honderoomys is die perfekte manier om die diere by jou troue te bederf. Dit lyk nie net mooi nie, maar sal ook vir Rover ’n hele rukkie besig hou. Ons het saam met die eienaar van hierdie lieflike produk op Kwêla gekuier. Gaan kyk die episode hier!

Jy kan natuurlik ook jou diere deel maak van die foto’s of hom aanstel om die ringe vir julle te bring tydens die seremonie. Só kan julle onvergeetlike herinneringe skep, maar onthou tog om vooraf ’n bietjie te oefen, sodat niks vreemd en onverwags is op die dag van die troue nie!

OOR DIE FOTOSESSIE
’n Buitelugtroue is perfek vir diere en kan met sagte lentekleure, soos pers, geel, pienk en perske, versier word.

Kombineer pragtige vars blomrangskikkings met blommotief-skryfbehoeftes, goue eetgerei en pastelkleurige strooimeisierokke om hierdie tema te komplementeer.

Kies interessante eetgoed soos souttert, varsgebakte brood en olywe om saam met jou troukoek voor te sit. Vars en versuikerde vrugte sal ook goed saam met hierdie tema werk.

Suikerkoekies, wat soos hondjies of ander diere lyk, kan oulik wees as dankiegeskenke.

Koop ons tydskrif om meer te lees oor diere by troues en ander tendense! Dit is beskikbaar by uitgesoekte winkels soos Spar, Clicks, Checkers, PnP, OK en PNA.

 

DIENSVERSKAFFERS
Plek, kos en drankies: Ourief Wedding & Function Venue
Stilering en blomme: Sophia’s
Dekor: A & E Wedding and Function Décor
Tafellinne en eetgerei: White Petal Hire
Skryfbehoeftes: Jean-Marie Steenberg Graphic Design
Troukoek: Sweetly Cakes
Versierde suikerkoekies: Louvelia’s
Foto’s: Fiona Viljoen Photography
Videograaf: White Motion Creative Studio
Trourok: Jolache Couture
Strooimeisierokke: The Maiden
Hare: Greta Dippenaar, Larouxle Classique
Grimering: Marnel Louw van Beauty Boutique
Honderoomys: Cool Dogs Ice Cream
Franse Bulldog: Mindy-Mari Robertson, 083 660 9866
Hondekroontjie: The Peachy Peony
Modelle: JC Schoeman, Shani Chambers, Chené Engelbrecht, Danielle Niemandt en Chanel Viljoen

 

Klik hier om te sien wat agter-die-skerms gebeur het by hierdie fotosessie!

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA