blomtendense
Die blomtendense vir 2017 is uitgelap en Gina van Staden het gaan ondersoek instel oor watter tipe blomme en rangskikkings gaan  koning kraai by troues in die nuwe jaar.

———————————————————————————————————————————

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


blomtendense_2

Die kernwoord vir blomtendense in 2017 is ‘organies’. Die nederige ruiker gaan plek maak vir skeppings wat meer informeel is en groenigheid bevat. Hier is ʼn paar dinge om in gedagte te hou wanneer jy jou 2017 troue beplan:

BLOMTENDENSE VIR RUIKERS
Ruikers gaan ʼn groter en meer organiese voorkoms, wat lyk asof dit pas uit die tuin gepluk is, hê. Dink blombosse met takkies en blare – meer groenigheid (soos welige blare en takke) gaan deel van die ruikers uitmaak en in asimetriese vorms gerangskik word.

MIDDELSTUKKE
Groenigheid wat in ʼn waterval-effek regoor die tafel en dan van die kante afhang gaan steeds een van die grootste blomtendense wees. Die tipiese blompot gaan ook vervang word met lanterns (veral by plaastroues) of enige ander geometriese houers wat ʼn vintage gevoel verleen. Weereens gaan losgepakte blomrangskikkings meer gewild wees as perfek gerangskikte skeppings en dit gaan nie net beperk word tot tafels nie – dit kan hangend ook wees.

GEWILDE TIPES BLOMME
Die meer tradisionele keuses soos rose sal nogsteeds gewild wees, maar minder tradisionele keuses soos katoen, granaat takke, dahlias en artisjokke gaan ook van die gewilder blomtendense wees.

BLOMKLEURE
Volgens internasionale blomtendense is bloskleurge blomme tans groot op aanvraag en gaan die gewildheid daarvan ook nie gou afneem nie. Dit word oor die algemeen gebruik saam met óf ligter blomme, óf baie donkerkleurige blomme (soos marsala). Helderkleurige boho-styl blomme gaan sorg vir vrolikheid. Hierdie groot pers, blou en geel blomme gaan die pastelkleurige blomme wat in 2016 gewild was, vervang.

blomtendense_3

DEKOR
Dit is nie goedkoop om ʼn troue te versier met blomkranse nie, maar tog gaan die aanvraag daarop groot wees in 2017. Die bruid wat nie soveel van haar begroting aan blomme kan bestee nie, kan eerder kranse maak van takke en blare.
Blomme gaan ook gebruik word as kandelabers (chandeliers) en kappe (canopies) wat grootliks die fokuspunt by die onthaal sal wees.

TAKKE EN BLARE KEUSES
Die gewildste takke en blare om in te bring by jou troue is onder andere bloekomblare, cineraria, brunia bessie, akkerboontjie stamme en klimop (ivy). Draai die takke van jou keuse inmekaar en vorm dan só natuurlike dekorstukke.

Blomme is ʼn integrale deel van jou troue en omdat dit ʼn groot deel van die atmosfeer skep, moet jy jou blomme versigtig uitkies. Hierdie blomtendense kan jou keuse net vergemaklik.

Hooffoto: Pocket Full of Dreams
Foto’s: Floret Flowers, Bridal Guide, Elegant Wedding, French Wedding Style, The Rose Cafe

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA