Blomkandelare kan regtig enige troue opvrolik en komplementeer. Minette Badenhorst gesels oor hierdie nuwe neiging.
Kandelare met vars blomme is ’n nuwe tendens wat kop uitsteek. Dit vloei vanuit die vars blommure wat bekend gemaak is deur Hollywoodsterre vir troues en selfs swangerskapfoto’s. Dié blomkandelare met word deesdae gebruik as fokuspunte by troues.
Blomkandelare kan wissel van eenvoudig na meer dramaties. Jy kan dit aanpas vir die tipe effek wat jy daarmee wil gee op jou troue. Dit kan gebruik word by die seremonie, en/of by die onthaal waar dit bokant die tafels gehang word of selfs bokant die dansvloer. Die kreatiwiteit daarvan is eindeloos.
IDEES VIR BLOMKANDELARE:
Hierdie blomkandelare is gepas vir alle bruide en begrotings. Indien jy ʼn meer dramatiese gevoel wil skep, gaan vir die groot en vol blomkandelare. Is jy ook verlief op hierdie pragtige tendens, maar het dalk nie die begroting vir ʼn professionele diens nie?
Gaan loer gerus hier hoe om jou eie blomkandelare te maak.
Hooffoto: Mon Cheri Bridals
Ander: Pinterest