appeltert
Appeltert en ander heerlike snoeperye kan dalk net help om jou nuwe skoonma hierdie feesseisoen te beïndruk, want elke ma glo immers dat haar seun se vrou goed moet kan kook om hom gesond en gelukkig te hou.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


Dis jou eerste Kersfees as ’n mevrou en jy wil so graag jou nuwe skoonfamilie met jou kookvernuf beïndruk! Hier is ’n appeltert wat selfs die skeptiese ma in Monster-in-Law se hart sal laat verkrummel.

Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike resepte, wat jou soos ’n bobaas bakster sal laat lyk voor jou gaste. Hier is ’n lekker appeltert uit die boek, wat ideaal sal wees vir ’n koek-en-tee-geleentheid hierdie feesseisoen.

DUITSE APPELTERT

BESTANDDELE
Tertkors:
300 g (500 ml) koekmeel
2 t bakpoeier
130 g botter (ongesout) of margarien
130 g (130 ml) suiker
2 eiers
Knippie Sout

Krummel bo-laag:
400 g koekmeel
300 g suiker
10 ml kaneel
250 g ongesoute botter of margarien
1 pakkie vanieljesuiker of (10 ml vanieljegeursel)
8 Golden Delicious appels

METODE
1. Meng al die tertkors-bestanddele in ’n mengbak en knie totdat dit ’n deeg vorm.
2. Druk die deeg op die bodem van ’n tertbak. Die deeg moenie te dik wees nie.
3. Skil die appels en sny in wiggies, pak dit bo-op die tertkors in rye totdat die hele bodem vol appels is.
4. Frummel al die bo-laag bestanddele saam in ’n mengbak met jou vingers todat jy groot, vet, “nat” krummels het wat goed gemeng is. Die meel moenie meer sigbaar wees nie.
5. Strooi bo-oor die appels totdat jy glad nie meer die appels kan sien nie.
6. Bak vir 30 minute teen 180⁰C.
7. Laat dit afkoel en die sif versiersuiker bo-oor.
8. Bedien met room of roomys.

Om jou skoonfamilie te beïndruk was nog nooit so maklik soos met hierdie appeltert nie. Vir meer inligting oor hierdie oulike kookboek, besoek Trouvrou se webblad en volg hulle op Facebook.

Foto: Verskaf

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA