ESPOUSAL se aanlyn trou-ekspo is beslis iets waarvan almal in die troubedryf… en wat gaan trou moet deel wees. Lees verder om te sien wat jy kan verwag.

ESPOUSAL se eerste plaaslike aanlyn trou-ekspo vind op 26 en 27 Maart 2021 plaas en diensverskaffers en besoekers kan uitsien na ’n besonderse virtuele ervaring.

DIENSVERSKAFFERS SE STALLETJIES GAAN BEÏNDRUK
Elke diensverskaffer wat ’n stalletjie gaan hê by ESPOUSAL se aanlyn trou-ekspo kan die volgende verwag:
• Plek om video’s op te laai van jou produk of besigheid;
• Plek om aflaaibare PDF-brosjures beskikbaar te stel vir besoekers;  
• Interaksie met besoekers en kliënte;
• ’n Fotogallery waar jy foto’s van jou produk kan deel;
• Plek om via teksboodskappe met besoekers en potensiële kliënte te gesels;
• Instagram Live om jou produk aan besoekers en volgelinge bekend te stel; en
• Bemarking op sosiale media.

Diensverskaffers gaan in verskeie kategorieë ingedeel word, soos:
1 Sangers, Musiekgroepe en Musikante
2 Kroegdienste
3 Troubykomstighede- en uitrustings
4 Trourokke
5 Bruidstydskrifte
6 Salonne
7 Skoene
8 Koekverskaffers
9 Motorverhurings
10 Uitrusting vir Mans
11 Klere vir Vroue
12 Beraders/ Sielkundiges
13 Dekorontwerp
14 Platejoggies
15 Drone
16 Funksiebeplanners
17 Bloemiste
18 Kos en spyseniering
19 Skoene
20 Geskenke
21 Bykomstighede vir die bruidegom
22 Hare en grimering
23 Gesondheid, Spa & Fiksheid
24 Huisdekor en -leefstyl
25 Hotelle en Oorde
26 Roomysverskaffers
27 Voorkomskonsultante
28 Versekeringsmakelaars
29 Juwelier
30 Onderklere
31 Huweliksbevestigers
32 Seremoniemeesters
33 Fotograwe
34 Verhuringsmaatskappye
35 Velsorg en grimering
36 Reisagente
37 Venues
38 Videograwe
39 Ontwerperstrou-uitrustings
40 Troubeplanners
41 Trouringe
42 Trouskryfbehoeftes

Verder sal diensverskaffers ook in provinsies opgedeel word, wat dit makliker sal maak vir besoekers om hulle op te spoor.

Die ESPOUSAL trou-ekspo bied alles wat ’n paartjie nodig het om die perfekte troue te beplan!

Besoek hulle webblad om meer uit te vind oor ESPOUSAL se Suid-Afrikaanse trou-ekspo.

Diensverskaffers kan steeds stalletjies huur op die dag en kaartjieverkope vir paartjies sal vanaf 12 Februarie 2021 op hulle webblad geskied.

ESPOUSAL se trou-ekspo word aangebied in samewerking met Troukoors, Tentworx, Zeroin en Johan Ungerer Signature Weddings.

Om op hoogte te bly van nuus en reëlings, volg ESPOUSAL op Facebook.

Moet dit nie mis nie!

 

 

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA