Blomme is een van die mooiste, maar ook duurste elemente op ’n troue. Maar dit hoef nie jou begroting te oorskry nie. An-Sophie Lourens ondersoek hoe jy dit bekostigbaar kan hou.

“Jou blomme speel ʼn belangrike rol om die atmosfeer en tema van die troue te bepaal. Met slim beplanning, kan jy nogsteeds mooi blomme op jou troue hê, wat nie ʼn gat in jou sak sal brand nie,” sê Debbie van Bella Fiore.

Daar is deesdae soveel alternatiewe vir blomme of maniere om blomme te gebruik wat meer bekostigbaar kan wees. Ons het by Debbie van Bella Fiore gaan aanklop om te hoor watse raad sy vir ons het in terme van bekostigbare blomme.

DEBBIE GEE RAAD…
• Versprei die duurder blomsoorte in ruikers. Die sleutel is balans. In plaas daarvan om ʼn handruiker wat net peonies of orgidee bevat te hê, gebruik drie stingels peonies in jou handruiker (hulle is groot en sal nogsteeds die fokuspunt wees) en vul dit aan met iets wat goedkoper, tog pragtig is. Groenloof, minirosies en vetplantjies lyk pragtig saam met hierdie duurder blomme. Op hierdie manier gaan jy baie minder spandeer omdat jy minder van die duurder blomme gebruik, tog nog die luukse voorkoms het waarvan jy gehou het.
• Jy kan ook daaraan dink om dalk veldblomme soos kosmos, fynbos of bloeisels te gebruik om ʼn “wilder” prentjie te skep. Maak net seker jy weet wat beskikbaar sal wees in die tyd wat jy gaan trou en ook waar om dit te kry.
• Skaal die grootte van die strooimeisies se ruikers af, veral as jy meer as twee gaan hê. Jy kan ook een enkelblom, wat verkieslik ʼn groot kop het, soos bv. ʼn Lelie of Protea, gebruik saam met baie mooi lint wat afhang.
• Put die meeste uit doen-dit-self blomme uit, deur gebruik te maak van baie kleiner vase eerder as ʼn paar grotes. Kry interesante vorms klein vase, mooi botteltjies, of alles ooreenstemmende knopvase. Dit sal jou werklik help om die blomme en kleure uit te brei!
• Gebruik blomsoorte wat in seisoen gaan wees wanner jy trou. As jy blomme gebruik wat buite seisoen is, sal jou bloemis ingevoerde blomme moet bestel en jy sal beslis ʼn duur premie daarvoor betaal. Onthou ook dat ons seisoene vir blomsoorte hier in Suid Afrika nie ooreenstem met Europa se seisoene nie.
• Wees vertroue dat jou bloemis sal weet hoe om eenvoudige, elegante komposisies met minimale blomme te skep. Jy hoef nie ʼn muur van rose te hê om ʼn pragtige blomvertoning te skep nie en soms is minimalisties baie effektief (en koste-effektief!).
• Tradisionele wit blomme by ʼn troue is pragtig, maar ongelukkig sal jy ook hiervoor ʼn premie moet betaal, omrede hulle baie meer delikaat is en maklik beskadig en gekneus word en die aanvraag so groot is.
• Daar is gewoonlik verskillende weergawes van jou gunstelingblom, sodat jy nie heeltemal op die blom moet misloop as dit soveel vir jou beteken nie. Byvoorbeeld; ʼn Dendrobium Orgideë is ʼn absoluut pragtige weergawe van die tradisionele phalanopsis orgidee, maar dit kos baie minder.
• Onthou ook as jy in Februarie trou, dit is Valentynsmaand. Dit beteken die koste van blomme sal drasties opskiet.
• Met die aankoop van potplante wat minder oordrewe is, kan jy ook baie geld bespaar. Plante soos palms of ficus, en selfs Amirillaslelies, kan meer koste-effektief wees in vergelyking met duurder blomme. Plus, jy kan op hul nut verdubbel deur hulle as geskenke weg te gee na die troue.

Sjoe hierdie is wenke waaraan meeste van ons nooit dink as dit by troublomme kom nie. Dit is dus glad nie meer nodig om naels te kou oor ʼn vetplant of Orgideë nie. Met Debbie se raad is die blomme op jou troudag sommer vinnig uitgesorteer.

Foto: Local B Printing & Graphic Design

KLIEK HIER VIR MEER INLIGTING!

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA