Manstrouringe was vroeër jare eenvoudig en het heeltemal van die vrou afgehang. Deesdae is manstrouringe baie meer modieus, met baie meer detail. Mans word nou ook toegelaat om hulle uniekheid in hulle ring te weerspieël.

Daar is ’n groot verskeidenheid manstrouringe om van te kies, maar wat is die tendens vir manstrouringe in 2018? An-Sophie Lourens het by VA-Tungsten gaan raad vra oor manstrouringtendense vir 2018.

HOE HET MANSTROURINGE OOR DIE JARE ONTWIKKEL?
Manstrouringe het definitief baie ontwikkeling ondergaan die afgelope paar jare. Dit het van die goue, dun ringe na meer modieuse, meer gedetailleerde ringe toe ontwikkel wat nou ook in soveel verskillende style en kleure beskikbaar is.”

WAT IS DIT WAARNA DIE MODERNE MAN SOEK IN ’N TROURING?
“Die moderne man soek ’n ring wat anders en uniek is, en wat ook sy individuele persoonlikheid komplementeer.”

VERTEL ONS ASSEBLIEF ’N BIETJIE MEER VAN VA-TUNGSTEN?
“VA-Tungsten het so agt jaar terug in die bedryf in gekom en dit is besig om die bedryf op horings te neem! Ons maak al ons ontwerpe self en outentiek en ook gebaseer op publieke aanvraag. Ons visie is om ’n onbeperkte hoeveelheid keuses van manstrouringe aan ons kliënte te kan bied. Wolframkarbied is ’n nuwe en baie gewilde metaal. Dit is ’n metaal wat vir altyd mooi sal bly, want dit is bestand teen krap- en skuurmerke. Dit maak dit ook een van die beste keuses wanneer jy jou geliefde se ring uitkies. Wolfram is een van jou veiligste metale. Dit het ook ’n baie unieke gemaklikheidsgreep, wat maak dat dit nie net baie gemaklik dra nie, maar dit help ook dat die ring se greep aan die vinger baie sterker is.”

EN NOU DIE VRAAG OP ALMAL SE LIPPE, WAT IS MANSTROURINGTENDENSE VIR 2018?
“2018 gaan die jaar wees van roosgoud-trouringe vir mans! Ons het ’n groot aanvraag ontvang van mans wat elemente van roosgoud in hulle trouringe wil hê. ’n Ander groot aanvraag wat ons ontvang het, was vir swartversierde ringe, wat al hoe meer die behoefte na eenvoud toe terugbring. Vir jare lank het mans ’n baie klein of amper geen sê gehad oor die soort styl van die ring wat hulle wou hê of verkies het nie. In 2018 sal dit die jaar van die bruidegom wees, waar hy sy eie uniekheid in sy ring sal kan kies.”

HOE KAN VA-TUNGSTEN ’N TOEKOMSTIGE BRUIDEGOM HELP OM SY PERFEKTE RING TE KRY?
“Ons handuitgesoekte ringe kom in ’n groot variasie van groottes, vanaf grootte M tot Z+4, wat maak dat ons vir almal kan voorsien. Ons wye reeks van ringe sluit ook in roosgoudversierde ringe, swartversierde ringe, keramiek en koolstofvesel inlegsels wat in die metaal ingekorporeer is. Dit maak dus dat ons so ’n groot verskeidenheid aan ons kliënte kan bied om van te kies. Ons eksklusiewe reeks tungsten ringe is die helfte van die prys as ’n mens dit vergelyk met ander edelmetaal trouringe, alhoewel dit nogsteeds dieselfde gevoel van elegansie en klas bied. Ons ringe is modern, prominent en bowenal sterk en van goeie gehalte.”

Jou toekomstige man kan nou sy persoonlikheid en die ewige trou wat julle aan mekaar gaan beloof in sy trouring weerspieël. Manstrouringe kan nou ook modieus wees in roosgoud of in swart geversier. Maak seker jy kry ’n goeie gehalte en sterk manstrouring wat jou man se uniekheid ten volle weerspieël.

Vir meer raad oor manstrouringe, kry die nuutste uitgawe van TROUKOORS, wat nou op die rak is by Spar, Clicks, Checkers en Pick n Pay.

Foto: David Photography

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA