Rose was die inspirasie agter hierdie pragtige fotosessie deur Claystudios Photography. Lees verder om te sien hoe jy die mooiste blom deel kan maak van jou mooiste dag.


KLIEK HIER OM TROUKOORS SE SPLINTERNUWE TYDSKRIF TE BESTEL
————————————————————————————————————————————

Rose is nou maar eenmaal ’n gewilde keuse onder bruide en kan inskakel by enige tema – van rustiek tot klassiek. Dié pragtige blom het ook ’n belangrike rol gespeel in vandag se fotosessie. Ons het meer gaan uitvind oor die beplanning en idee daaragter.

WATTER ATMOSFEER WOU JULLE MET HIERDIE GESTILEERDE FOTOSESSIE SKEP?
Rose is tydloos, beeldskoon en asemrowend. Ons wou met hierdie sessie hierdie skoonheid probeer vasvang en so ook die skoonheid van elke aanstaande bruid. Kristal en hout is bygevoeg om ’n gesofistikeerde, natuurlike en romantiese atmosfeer te skep.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA WAT JULLE GEKIES HET?
“Ons het besluit op sagte pastelkleure om ’n romantiese gevoel te skep. Die kleurskema is geïnspireer deur bloskleurige rose met die naam La Fleurette.”

WATTER KLEURE GAAN GEWILD WEES IN 2018?
“Sagte waterverf pastelkleure soos kruisement en sanderige pienk, wat die simplistiese styl wat in die mode gaan wees, sal komplementeer.”

WATTER OULIKE SELFDOENPROJEKTE KAN DIE LESER TUIS PROBEER?
“Die gordyn van rose en krale kan self gemaak word:
– Kry al jou benodighede bymekaar (rose, krale, vislyn).
– Ryg die krale in en maak die rose vas.
– Vou ’n lussie aan die punte van jou lyn, sodat dit maklik aan iets gehang kan word.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE BLOMME BESLUIT VIR DIE FOTOSESSIE?
“Die rose is tydens ’n mediageleentheid bekendgestel en is die eerste blom wat die naam van ’n wonkelwyn deel.”

WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE WAT GAAN TROU?
“Jou troue is ’n kosbare tyd wat jy spandeer saam met geliefdes en aan beplanning. Moenie toelaat dat klein goedjies jou stresvlakke opjaag nie. Vertrou liewer dat die dag al jou verwagtinge sal oortref.

Meer foto’s van hierdie pragtige sessie vol rose, is beskikbaar in die nuutste uitgawe van TROUKOORS, wat nou op die rak is, of hier bestel kan word.

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Ludwig’s Roses
Grimering en naels: Perfect 10, Hatfield
Spyseniering: Rose Shed Venue & Rose Kitchen
Drankies: JC le Roux
Blomme en dekor: Ribbon Creative Studio
Skryfbehoeftes: Papertrail Design
Foto’s: Claystudios Photography
Trourokke: Lubellos
Juwele: Marion Rehwinkel Jewellery
Hare: Studio S Hairstyling
Video: Saltlight Studio
Naels: Perfect 10 Hatfield, 012 362 6932
Modelle: Anronet Roelofsz en Lefentse Molubi

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA