’n Trou-venue is die eerste bestanddeel in die beplanning van jou perfekte dag. Hier is wat jy in gedagte moet hou voordat jy jou keuse maak.
SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskode
————————————————————————————————————————————————————
Om ’n trou-venue te hê, was nog altyd een van die sangeres en liedjieskrywer, STELLA, se groot drome en passies. Vandag leef sy haar liefde vir musiek en onthaal uit op hulle plaas, Acorn Guest Farm, net buite Carolina. Ons het by haar gaan kersopsteek oor watter eienskappe van ’n plek die perfekte troubestemming maak.
WAT MAAK JULLE TROU-VENUE UNIEK?
“Dit is ’n pragtige, egte plaas-venue. Ons het ’n 100 jaar oue populierbos wat die meeste bruide se aandag trek, asook ’n ou sandsteen-klipkapel en ’n blou ysterklip-klipskuur met ’n lekker kuierstoep, binnehof en ’n lieflike grasperk vir onthale. Hierdie geriewe is in die middel van ’n oop veld geleë, met geen karre of geboue in sig nie! Ons doen net naweektroues en stel die hele trou-venue aan die bruidspaar en hulle gaste beskikbaar, sodat almal lekker saam kan kuier. Ons laat hulle ook toe om hulle eie spyseniering in te bring as hulle wil. Ons bied akkommodasie vir 77 mense, so die meeste van die gaste kan sommer net hier op die plaas bly. Ons geriewe het ’n rustieke, plaasaanslag.”
WAT IS DIE VYF BELANGRIKSTE VEREISTES WAARAAN DIE PERFEKTE TROU-VENUE MOET VOLDOEN?
“1. Dit moet die paartjie se persoonlikhede en styl reflekteer. Dit is hulle dag, waarop hulle liefde gevier word, so ek moedig paartjies aan om te deel wie hulle is op die dag.
2. Dit moet nie buitensporig duur wees nie: Dit is net een dag – of in ons geval ’n naweek. Dit is nie die moeite werd om honderde duisende rande te spandeer, selfs al is dit die grootste geleentheid van jou lewe, nie. ’n Trou-venue is nie meer spesiaal omdat dit meer kos nie.
3. Daar moet genoeg akkommodasie vir gaste beskikbaar wees. Niemand hou daarvan om ver te ry na ’n aand kuier nie. Dit is ook nie veilig om op vreemde paaie te wees in die nag nie.
4. Jy moet met die eienaars van jou trou-venue oor die weg kom. Jy gaan baie met die persoon in beheer te doen kry. As julle goed oor die weg kom, maak dit als net meer aangenaam. Die teenoorgestelde kan als vir jou versuur.
5. Dit moet prakties wees. Jy kan eintlik óm enige iets werk, maar jy wil so min as moontlik ekstra goed hoef in te huur om jou dag lekker te laat werk.”
WAT IS DIE BELANGRIKSTE VRAE WAT ’N BRUID VIR DIE TROU-VENUE MOET VRA WAT SY OORWEEG?
“* Kan die venue jou help op die datum wat julle verkies? Baie plekke is ver vooruit bespreek en dit kan julle trouplanne beïnvloed.”
* Wat is als ingesluit en uitgesluit in die venue-kostes? Dit is maar die grootste vraag. Die meeste mense het ’n begroting om mee te werk. Jy wil nie na die tyd uitvind dat dit en dat nog ekstra gaan kos nie. Jy wil als vooraf weet, sodat jy mooi kan beplan.
* Hoeveel akkommodasie is beskikbaar en hoeveel kos dit? Dit is een van die eerste goed wat jou gaste sal wil weet en die kostes moet hulle sakke pas.
* Voldoen die venue se spyskaartopsies aan julle behoeftes en voorkeure? ’n Groot deel van die troudag se sukses en geselligheid draai rondom die kos.
* Wat is die venue en die bruidspaar se verantwoordelikhede onderskeidelik voor, op en na die troudag? Dit help om te beplan, misverstande te voorkom en die dag vlot en stresvry te laat verloop.”
WAT VERWAG ’N TROU-VENUE VAN PAARTJIES WAT HULLE PLEK BESPREEK VIR ’N TROUE?
“Dat hulle die kontrak mooi deurlees en vrae vra oor die punte waaroor hulle wonder.
Dat hulle betyds hulle geld moet inbetaal soos ooreengekom.
Dat hulle betyds sal antwoord op e-posse met belangrike vrae, sodat als in plek kan wees vir hulle groot dag.
Dat hulle die dag sal geniet en die venue sal vertrou as daar skielik plan B’s gemaak moet word.”
WAT IS TANS DIE GEWILDSTE TENDENSE VIR TROUES IN SUID-AFRIKA WAT DEKOR, KLEUR EN TEMA AANBETREF?
“Hier by ons: feetjieliggies, stringe ligte met verskillende groottes gloeilampe, tafels oorgetrek met bruinpapier, vetplantjies, houtkratte, bottels, kerse, Proteas, en kleurskemas van mint en appelkoos, vlootblou en grys. Troudekor hoef glad nie formeel en eenvormig te wees nie. Gebruik die natuurlike omgewing en bestaande items as fokuspunte. Minder is meer! Ook familiestyl-etes waar die kos per tafel bedien word eerder as buffets.”
WATTER RAAD HET JY VIR PAARTJIES WAT OP SOEK IS NA DIE PERFEKTE TROU-VENUE VIR HULLE MOOISTE DAG?
“Moenie jouself doodry opsoek na venues nie. Soek op Google, maak ’n kortlys van plekke wat jou aandag trek, kry vooraf al die inligting, maak dan nog ’n korter lys van die wat aan jou behoeftes voldoen en maak daarna afsprake om die venues te gaan besoek.”
WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE OM KALM TE BLY OP DIE GROOT DAG?
“Deligeer, en maak gebruik van ’n koördineerder wat al die details op die dag kan hanteer. Onthou waaroor die dag gaan – min gaste onthou die versierings. Hulle onthou die lekker kuier, die atmosfeer en die lekker kos – en dalk ook jou pragtige rok. Vat ’n paar dae verlof voor jou troue, sodat jy die fyner besonderhede waaroor jy dalk kan stres, in daardie tyd kan afhandel. Goeie beplanning vooraf help dat alles maklik en stresvry bymekaarkom op die groot dag.”
Vir meer inligting oor hierdie trou-venue en nog oulike trouraad, besoek hulle webblad.
WEN!
STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, verteenwoordig nie net die nuwe rigting waarin haar musiekloopbaan gaan nie, maar is ook iets waarby luisteraars sal aanklank vind. Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en selfs die kritieste oor in vervoering sal hê.
TWEE gelukkige lesers kan elkeen ’n eksemplaar van hierdie musiekjuweel wen.
Al wat jy hoef te doen, is:
* LIKE hierdie inskrywing op Facebook en deel dit op jou tydlyn;
* LIKE STELLA se Facebook-blad en Acorn Guest Farm se Facebook-blad; en
* Tik die area / provinsie waarin jy woon onder die inskrywing.
Wenners sal eerskomende Maandag aangekondig word.
Foto’s: Verskaf