Blom-idees vir 2017 is volop op Pinterest. Ons het ’n paar gaan soek wat hierdie jaar gaan koning kraai.
Blomme en tafels, versier met baie groenigheid, is bo aan die lys van tendense vir 2017 omdat bruide nie net op soek is na iets meer natuurlik nie – maar ook omdat die ekonomie verloofde paartjies dwing om meer takies self aan te pak vir hulle troue. Hier is is ’n paar blom-idees om te oorweeg:
Blom-idees:
* Versier die ingang van jou troulokaal met ’n rankrangskikking wat groen met pastelkleure kombineer.
* Maak seker dat jou tafel- en handruikers baie groenigheid bevat.
* Gebruik blommekranse, in plaas van toutjies, om die ballonne te versier wat julle die lig instuur na die seremonie.
* Versier jou troukoek met blomme.
* Blomme is die ideale manier om die stoele by die seremonie te verfraai.
* Maak kransies vir jou blommemeisies se hare of handruikers.
* Versier gordynrelings en jou sitplekaanwysings met blomkranse.
Uit bogenoemde blom-idees is dit duidelik dat groenigheid die nuwe in-ding is in die wêreld van trou-ruikers. Maak dit deel van jou mooiste dag.
OPSOEK NA ‘N BETROUBARE, BEKOSTIGBARE BLOEMIS?
KLIEK OP DIE DIENSVERSKAFFERS HIERONDER…
BELLA FIORE – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
BRIGHT & BEAUTIFUL FLOWERS AND TABLE DECOR – WES-KAAP
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
ICT FOWER DESIGNS – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
PINK ENERGY FLORAL DESIGN – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
Foto’s: Pinterest