huwelikskonflik
Huwelikskonflik is iets wat geen getroude paartjie kan ontduik nie, maar hoe julle dit gaan hanteer is wat die verskil tussen bly en skei gaan bepaal. Gina van Staden het raad.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur sodat dit nie kan wegraak nie.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Dit is ʼn feit dat die wittebrood stadium nie vir ewig gaan hou nie. Lees verder oor hoe om huwelikskonflik te hanteer.

SORTEER DIE PROBLEEM UIT EN NIE DIE PERSOON NIE
Wanneer twee verskillende mense met verskillende agtergronde ’n lewe begin deel, gaan daar huwelikskonflik wees. Maar hou altyd in gedagte dat julle in dieselfde span is en nie teen mekaar hoef te veg nie. Begin met woorde soos: “dis hoe ek voel,” en nie net “jy laat my so voel nie”.

SÊ WAT JY BEDOEL, MAAR BLY KOEL
Daar is maniere om presies te sê hoe jy voel, sonder om gemeen te raak. Die Engelse sê: “Say what you mean but donʼt say it mean”. Stemtoon is waar die eerste vonk op die vuur spat, so hou jou stemtoon koel wanneer jy huwelikskonflik hanteer. Hou jou woorde liefdevol en nie aanvallend nie. Wees net van die begin af al baie eerlik wanneer julle probleme uitsorteer, want om dinge terug te hou veroorsaak net dat jy alles opbottel. En die dag wanneer daardie bottel se prop afkom, draai dinge gewoonlik sleg uit.

GENADE, GENADE, GENADE
Jy gaan baie genade moet hê, want jou maat dink en reageer nie soos jy nie. Plaas jouself in sy skoene en probeer verstaan hoekom hy oor sekere dinge voel soos hy doen. Om iemand te verstaan is beter as om hulle te probeer verander en sal huwelikskonflik verminder.

HAAL DIEP ASEM
Partymaal is daar dinge wat in jou verlede gebeur het, wat veroorsaak dat jy anders op sekere dinge reageer as die gemiddelde persoon. Sodra julle in ʼn argument kom, vra jouself drie dinge af:
* Het ek regtig rede om kwaad te wees of is ek dalk ʼn bietjie onredelik?
* As ek rede het, is dit belangrik genoeg om konflik in my huwelik te hê daaroor?
* As dit belangik genoeg is, volg die raad hierbo om die probleem uit te sorteer.

Huwelikskonflik beteken net dat julle normaal is, en nie noodwendig dat julle ʼn fout gemaak het om met mekaar te trou nie. Om deur moeilike situasies te gaan, is juis ʼn deel van die huweliksreis. As albei van julle die raad hierbo volg, sal daar geen rede tot kommer wees nie.

Foto: Huffington Post

————————————————————————————–

BASSON ROUX ATTORNEYS – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Basson Roux Attorneys

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA