As jy weet wat woorde soos kiekies, koffer en boeretroos beteken, sal jy verstaan waarom Troukoors so uniek en spesiaal is. Ons tydskrifte, boeke en blog is ’n waardevolle bron van inspirasie vir moderne bruide. Dit maak nie saak of jy van ’n troubeplanner se dienste gebruik maak, of ons selfdoen-projekte probeer nie – Troukoors is propvol oulike idees, inspirasie en wenke vir elke styl en begroting. Die resepte, inspirasieborde, uitskeur-bladsye en stap-vir-stap hulpmiddels maak ons produkte uniek. Met ons hulp sal jy van absoluut niks vergeet voor of op die dag van die troue nie.
Oor die jare…
- Troukoors bestaan sedert 2010 en was die eerste Afrikaanse troublog in Suid-Afrika.
- Die e-tydskrif sien ’n jaar later die lig en verskyn op Top Billing se webblad, in Wedding Inspirations Magazine en ander tydskrifte.
- Ons blog word gedurende 2014 en 2015 aangewys as bruide se gunsteling bron van inspirasie by die Top Vendor Wedding Awards.
- Troukoors se eerste gedrukte tydskrif verskyn 2015 op die winkelrakke en maak groot opslae.
- Die tydskrif verskyn dieselfde jaar in ’n fliek, Trouvoete, en word deel van dié romantiese komedie se storielyn.
- In 2016 word ons gevra om Die Trouboek saam met Gretha Widd te skryf.
- Troukoors se Klein Swart Boekie oor Troues (ons eie boek) word die volgende jaar gepubliseer en verskyn saam met die tydskrif op Kwêla.
- In 2019 is Yolandé Edelinski een van die beoordelaars by die Top Vendor Wedding Awards, saam met Leandie du Randt en Storm van Confetti Daydreams.
“die mooiste ding in die wêreld kan nie gesien of aangeraak word nie, dit word met die hart gevoel”